AGRI NEWS NET- Summary of the Weeks News - 17th April 2022

AGRI NEWS NET- Summary of the Weeks News - 17th April 2022

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Welcome to our world- the real world of Farming and Agriculture-  Our team know what farming and Farmers are all about-   

DOWNLOAD AGRI NEWS NET from the GOOGLE APP store- Get update with the news 7 days a week- 365 days per year- This AGRI NEWS NET -Some of the news stories of this week-,

Nuuskommentaar-

Dinge in Suid Afrika verander van week na week en ons gaan van die een krises na die ander- en meeste van die krisse se skade kon baie minder gewees het, as die regering van die dag sy werk gedoen het. Daar bestaan nie woord soos onderhoud in die ANC regering nie- alles gaan net om weelde en geld en om hulle self te verryk. Ons het nou weer gesien dat daar omtrent geen regerings ondersteuningsdienste bestaan nie.....As dit nie was vir privaat maatskappye en mense nie sou daar nog meer gaos gewees het. Daar is nie meer 'n infrastuktuur om hierdie tipe van uiterste weer en skade te hanteer nie. Die regering het nou 'n hulpfonds beskikbaar gestel wat weereens die deur gaan oopmaak vir grootskaalse korrupsie. Maar ons as Suid Afrikaners wat waarlik welvaart nastreef en hard werk is gewoonlik die mense wat al hierdie skades bestuur en hulp verleen. Die owerhede in KwaZulu-Natal beraam dat die vloedskade en sporadiese plundering in Durban miljarde rand kan beloop. Die oorstromings het weer die werksaamhede by die Durban-hawe ontwrig wat nog sukkel om te herstel na die onluste in Julie verlede jaar. Volgens die Suid-Afrikaanse owerhede is sowat 13-duisend 600 mense dakloos, terwyl meer as 40-duisend mense geraak word.

Die weer is deurmekaar en dit reen sedert gister oor groot dele van die land. Daar is soveel paaie wat onbegaanbaar is en wat gevaarlik is om te ry. Die land se damme is vol en daar is 'n massas water oppad in die Vaalrivier uit die Vaaldam na die Bloemhofdam wat ook reeds vol is en so gaan dit uiteindelik in die Oranje rivier vloei. Boere moet kennis neem van die water . 

Die konflik in Oos-Europa sal opwaartste druk op voedselpryse plaas, verby die huidige seisoen. Internasionale nuusagentskappe berig dat naby Odesa, ‘n hawestad in die Oekraïne, word duisende tonne swart sonneblomsaad gestoor, wat gebruik word om kookolie te maak. Die Oekraïne is die wêreld se grootste uitvoerder van saadolie. Geen verkope deur produsente is moontlik nie omdat die uitvoerroete deur die Swart-see gesluit is. Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie het die prys van plantaardige olies in Maart met 23 persent gestyg, koringpryse met 20 persent en mielies met 19,1 persent. Die Oekraïne en Rusland is groot uitvoerders van hierdie kommoditeite. Uitvoerpakhuise staan leeg en volgens berigte is daar amper 14 vragskepe in die hawe vasgekeer, elk met 400 000 ton graanoeste aan boord. Boere het ook kommer oor saadvoorrade en brandstof om die huidige plantseisoen te begin. Plaaslik styg die prys van meel, mieliemeel, brood en meer op 25 April.

Dis April maand en dis ampetlik die begin van oestyd en ons boere sukkel om met die natweer grondbone uit te haal in die Wes Vrystaat-  Die sojabone is ryp en word tans gestroop - maar met die nat weer spring die pitte in groot getalle uit die peule en beland op die grond met groot oesverliese. Geen oes wat op die stadium ryp is wil hierdie nat weer he nie... Daar is reeds tekens dat van die mielies se pitte begin kopvrot opdoen en ook swam siektes ontwikkel. 

Ons span was die week in Vrystaat en in Noord Kaap en ook in die Noord Wes. Ons kan nie glo dat ons in Suid Afrika ry nie- die paaie lyk soos Afrika en dis hartverskeurend om hierdie mooi land so te sien. Meeste van die plattelandse dorpe se paaie is totniet... en die munisipaliteite word beman deur mense wat absoluut geen geen kennis het om plaaslik regering te bestuur. Die wereld is so mooi groen en daar weer 'n bielie van 'n mielieoes op die lande. 

 Die landbousektor dra reeds sowat R128 miljard tot die bruto binnelandse produk by en daar is die potensiaal om dit te verhoog. Dit is egter nie moontlik as daar nie dringende aandag aan die verbetering van die vervoerinfrastruktuur gegee word nie.”

Die ondersoek is veral in die vyf provinsies met die swakste paaie gedoen en van die provinsiale landbouleiers het self terugvoer verskaf. Volgens dr. Jack Armour, bedryfshoof van Vrystaat Landbou, is paaie in dié provinsie in die algemeen in ’n swak tot baie swak toestand en voldoen nie aan aanvaarbare standaarde nie. Probleme word toegeskryf aan swak en onvoldoende onderhoud. ’n Groot kwessie is dat die begroting veels te klein is om die agterstand met onderhoudswerk in te haal; 68% van die salarisse gaan aan bestuurders en net 32% vir werkers. Ingenieurs het in 2020 bereken R23 miljard sal nodig wees om die provinsie se paaie in ’n geskikte toestand te kry, waarvan R20 miljard aan die algehele herbou van paaie bestee sal moet word. Me. Deidre Carter, uitvoerende hoof van Agri Limpopo, sê vervoermaatskapye wil nie meer Bosveldboerderye help nie weens die swak paaie. Tiger Brands het byvoorbeeld sy Alldays-depot gesluit, wat tot ’n afname van 3 000 ton in tamatieproduksie gelei het. In ’n opname in KwaZulu-Natal het 76% van respondente aangedui die paaie in hul omgewing is in ’n baie swak toestand, volgens me. Sandy la Marque, uitvoerende hoof van Kwanalu. Waar onderhoudswerk wel gedoen is, is dit volgens 79% van die respondente baie swak gedoen.

Nie net die landbou is van dié gevaarlike paaie afhanklik nie; dit is ook handels-, skool- en toerismeroetes. Mnr. Lion du Plessis, visepresident van Mpumalanga Landbou se Hoëveldstreek, wys daarop dat Mpumalanga se verwagte mielie-oes 3,4 miljoen ton is, wat oor die volgende drie maande deur sowat 170 000 vragmotors of waens van plase af vervoer moet word. Vee, hoenders en suiker behels ’n verdere 25 000 vragte. Wat suiker betref, sê dr. Mohammad Kadwa, bestuurder van nywerheidsaangeleenthede by die SA Suikerrietkwekersvereniging, daar is hierdie seisoen 19 miljoen ton suikerriet geproduseer, waarvan 95% padlangs na meulens vervoer sal word. Altesaam 25 miljoen km moet afgelê word net om die suikerriet tot by die meulens te vervoer.

Ons moes lankal hierdie beloftes van die regering betwyfel het en ons self beskerm het teen hierdie swak bestuur en instandhouding. Ons landbouers verloor daagliks miljoene deur hier absolute onvermoee van die regering en sy meelopers. As ons nie self gaan inklim en die werk oorneem nie, gaan daar niks van kom nie- en is ons voorland Afrika- waar daar byna geen infrastruktuur meer bestaan nie. 

CRA MEDIA-

Nuus van Agri News Net- 

One of the biggest drivers in demand for maize is the increase in demand for gluten-free products. Whereas only recently such products occupied just a small space in the specialized foods section of supermarkets, today gluten-free products fill entire aisles. Once reserved for consumers with special dietary needs, they have long since entered the mainstream.

The South African Association of Meat Importers and Exporters (AMIE) is calling for the urgent removal of trade tariffs on all poultry products, a three-year moratorium on any new tariffs, and supports the removal of VAT to ensure cash-strapped consumers will still be able to afford this critical source of protein.

Studies wat by die Oudtshoorn-navorsingsplaas van die Wes-Kaapse departement van landbou gedoen word, wys dat jong broeivolstruise ’n volle seisoen vroeër kan begin produseer as wat algemeen aanvaar word.

China is South Africa’s biggest importer of raw wool – accounting for about 80% of South Africa’s exports. According to Leon de Beer, the National Wool Growers' Association of South Africa, the EU’s strategy involves the reusing of materials and fibres for improved sustainability as wool has an excellent reuse value and is readably recyclable.

Aardverwarming en die gevolge daarvan kan oral gesien en ervaar word- Dit was lankal tyd om hiervoor te beplan en die gevolge daarvan op jou boerdery en jou omgewing te bestuur en te beheer- Daar staan oeste op die lande wat binnekort gereed sal wees vir stroop en met hierdie onvoorspelbare weer kan baie dinge nog met die oeste gebeur.

Scientists have discovered a signal that causes roots to stop growing in hard soils which can be ‘switched off’ to allow them to punch through, a finding which may have 'huge implications' for agriculture. The discovery could help plants grow in even the most damaged soils, according to scientists from the University of Nottingham and Shanghai Jiao Tong University.

Twee jaar nadat hulle 500 olifante as geskenk aan Mosambiek beloof is, sê Botswana dat die diere in die nabye toekoms verskuif sal word. President Mokgweetsi Masisi het die aanbod die eerste keer in 2018 gemaak. In Mosambiek is ongeveer 15 000 olifante in die Niassa-reservaat ‘n beskermde gebied, wat 42 000 vierkante kilometer beslaan, oor.

Muise is op die oomblik, saam met sprinkane, ‘n groot uitdaging in veral die Suide van Namibië. Dr. Gerhard Verdoorn, ‘n kenner in plae, sê muisplae is nes sprinkane uiters sporadies

Botswana hosts the largest fluctuating elephant population in the world, largely because of historically sound conservation practices and a dominant photographic tourism industry. Elephants migrate seasonally across much of southern Africa (particularly in the Kavango-Zambezi Transfrontier Conservation Area – KAZA), with Botswana and Zimbabwe hosting the largest fluctuating populations.

Allthough South Africans enjoy a braai as much as they can and some of them wondering about the greenest method for cooking up my legendary T-bones and sweet sausages. Should I stick with charcoal, which I’ve used for years, or should I finally make the switch to gas?

If we compare the energy sector and fossil fuel dependence, the Ukraine crisis highlights the high level of dependence that extant food systems have on inputs such as animal feed and fertilizer. Currently, 60% of the world’s maize crop and 20% of the world’s wheat crop is fed to livestock, leading to greater competition between food and feed.

If we compare the energy sector and fossil fuel dependence, the Ukraine crisis highlights the high level of dependence that extant food systems have on inputs such as animal feed and fertilizer. Currently, 60% of the world’s maize crop and 20% of the world’s wheat crop is fed to livestock, leading to greater competition between food and feed.

Suid Afrika -Bees/Beef Karkas/CarcassSpeenkalf/Weaner calf (Lewendig/Live) R36.70 A2/3: R61.50 B2/3: R55.30 C2/3: R51.40 -Lam/LambKarkas/CarcassSpeenlammers/Weaner lamb -(Lewendig/Live) R43.10 A2/3:R92.70 B2/3: R74.00 C2/3: R69.20 -Vark/Pork Karkas/Carcass -BaconersR25.50 Porkers R26.50.

Boere en perde-eienaars word aangemoedig om hul perde teen Afrika-perdesiekte in te ent. Afrika-perdesiekte is 'n muskiet-oordraagbare siekte wat perde affekteer, nie mense nie. Luidens ’n verklaring deur die Departement van Landbou in die Noord-Kaap het die siekte ’n seisoenale voorkoms, en gaan gepaard met swaar reënval ná ’n lang droogtetydperk.

Agri SA sê hy hoop ‘n finale besluit oor die oordraagbaarheid van waterregte sal binnekort geneem word. Die hoof van Natuurbronne by Agri SA, Janse Rabie, sê die Konstitusionele Hof het die Departement van Water en Sanitasie toestemming gegee om te appelleer teen ‘n besluit van die Appèlhof oor die oordraagbaarheid en verkoop van waterregte.

No medium in farming and agriculture give you so much news at one address.

AGRI NEWS NET- in jou hand- maklik om te lees en altyd op tyd-  7dae per week- 365 van die jaar-  No news medium in farming and agriculture give you so much news at one address 7 days a week. 

Agri News Net en Farmingportal.co.za se daaglikse gebruikers is Professionele Kommersiele landbouers met jarelange ondervinding, wat suksesvol is in alle aspekte van Landbou en voedselprodusering.

Meeste afkomstig uit familieboerdery wat deur die jare bekend is vir die vermoee om welvaart te skep.

So kom al die koeie met groot opgewondenheid nader as die bul arriveer.

So werk die jongmanne op die plaas

So haal jy man alleen aartappel uit die grond

En dis die nuwe tegnologie van plantjies plant.

Gaan jy in Suid Afrika toegesluit word? 

Dis Sorghum strooptyd-