AGRI NEWS NET- Summary of the Weeks News - 24th April 2022

AGRI NEWS NET- Summary of the Weeks News - 24th April 2022

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Welcome to our world- the real world of Farming and Agriculture-  Our team know what farming and Farmers are all about-   

DOWNLOAD AGRI NEWS NET from the GOOGLE APP store- Get update with the news 7 days a week- 365 days per year- This AGRI NEWS NET -Some of the news stories of this week-,

Nuuskommentaar-

Dis byna byna die winter van 2022-  en Suid Afrika gaan weekliks deur 'n krises. Eskom en sy bestuur onder die leiding van Andre de Reyter  doen eintlik uitstekend om die ligte aan te hou, as ons in ag neem in watter gemors die ANC en sy kaders Eskom nagelaat het. Daagliks is daar aanvalle teen die reuse Maatskappy van sabotasie en allerhande ander korrupte maniere om die diens in die wiele te ry. Was Eskom nie in hande van die huidige bestuur nie was ons lankal in die duister. Dis lankal tyd dat die mense op hulle name aangespreek word en tot verantwoordlikheid geroep word. Dan is daar baie slim manne wat gereeld kritiek lewer in die media- dit sal makliker wees as jy self daar gaan werk en hand bysit inplaas van op die kantlyn staan.

Daar word gereken dat R1-miljard se uitvoervrugte hierdie seisoen nie hulle markte in die noordelike halfrond gaan bereik nie. Dit verteenwoordig 10% van die land se sagte- en steenvrugte. Die oorsaak van die vragte vrugte wat verlore gaan is die probleme by die Kaapse hawe waar hawepersoneel met gebreekte hyskrane sukkel. Skepe wat die Kaapse hawe wil binnegaan moet gemiddeld agt dae daar deurbring om hulle vragte te laai. Die wagtyd behoort nie meer as `n dag te wees nie. Die omkeertye vir skepe is gemiddeld 15 dae. Dit behoort vier dae te wees. Dit gaan blykbaar beter by die hawens- maar jy sal net self weet as jy self gaan kyk en daarmee deel.

Sosiale media is die plek waar die meeste gespog word met alles wat jy op 'n plaas kan kry- Dis groot watelemoene- wit skoon aartappels, 'n spoggerige nuwe bakkie, nuwe wyn met een of ander uitheemse naam en smaak, groot mieliekop, vellies, een of ander stywe  kakiebroek, groot hoendereiers, groot gespierde bulle en vrugbare koeie en groot boerbokke- en moenie die groot pampoen vergeet nie.  Dis mooi en dit lyk of ons eersdaags uitstekende jong boere gaan he wat alles op die slimfoon doen en tegnologies geleerd en slim gaan wees tot die eerste droogte kom.

As jy 'n verslaafde televisie kyker is en deel is van Kyknet  kanaal en die program "Boer soek 'n vrou kyk"sal jy sien die jongmanne  nog nie lekker weet hoe om die jagter te wees nie- wys baie graag eers sy groot trekker en stroper vir jong dames wat almal baie angstig is om 'n boer te vang.  Wat het verkeerd geloop dat  die manne hulle jagters instink verloor het op so 'n vroee ouderdom, en 'n televisie program moet gebruik om 'n meisie te kry -

Die kos 'n man om 'n man groot te maak. 

Instuusen is ons land se damme lekker vol en ons die winter binne met baie gras en lekker winterweiding in baie dele van die land. 

So sien damvlakke daarna uit:
  • Gariepdam: 105,6%
  • Vanderkloofdam: 106,5%
  • Welbedachtdam: 95,1%
  • Sterkfonteindam: 102%
  • Fika-Patsodam: 100%
  • Bloemhofdam: 106,4%
  • Allemanskraaldam: 102,3%

En dit lyk of sekere mense warm onder die kraag is en hulle wend tot sosiale media oor die maatreels wat in plek is om Nampo die jaar te besoek. Die manne en vrouens maak hulle kele skoon en stel dit duidelik dat hulle Nampo gaan boikot oor die reels en regulasies wat die sogenaamde Covid 19 pandemie betref. GraanSA  sal baie vinnig 'n verklaring moet uitreik en aandag hieraan skenk. GraanSA is 'n baie groot organisasie met 'n lang geskiedenis van kommersiele boere en hulle nageslagte wat hard gewerk het om hierdie organisasie te bring tot waar dit vandag is.  Daar moenie toegelaat word dat sekere mens op sosiale media wat nie veel met landbou nog te doen gehad het, verdere uitsprake lewer nie.  Daar moet iewers 'n middeweg gevind word om almal te akkomodeer.  En dis nou regtig nie nodig om die dam onder die eend uit te ruk nie. Ons het almal genoeg gehad van die regering se magsbeheptheid en hulle belaglike regulasies. Dis nou saamstaan en saamwerk. En ons kan hierdie probleem probeer oplos- want dis waar ons boere bymekaar kom en lekker kuier vir baie jare.

 

Nuus op AGRI NEWS NET die afgelope paar dae

Die grootskaalse produksie van turksvye kan moontlik 'n oplossing bied vir boere in droogtetoestande waar weiding skaars en veevoer duur is. Die turksvyplant is deel van die vetplant-familie wat fisiologies in droogtetoestande kan aanpas.

Last week, members of the Climate Justice Charter movement laid charges of culpable homicide against several top government officials, including President Ramaphosa. They say the charges are warranted because the government has failed to take measures to mitigate the climate crisis, despite multiple warnings of the dangers of global heating.

Dit lyk of daar groot en fundamentele veranderinge aan die kom is in die landbou. ’n Druk van die herstelknoppie, of ’n algehele reset, soos die Engelse daarna verwys. Hierdie ingrypende veranderinge was reeds besig om spoed op te tel nog voor die Russe Oekraïne binnegeval het

Suid Afrika se damme is byna almal 100% vol- en dis een van die mooiste gesigte om te sien as die van die land se grootste damme vol is en daarmee saam nog oorloop. Die Bloemhofdam wat in die Vaalrivier stelsel gelee is, is tans 104% vol-

The South African stonefruit industry has launched a series of transformational projects aimed at improving the lives of workers. With South African fruit being a labour-intensive sector, people form the backbone of the industry and are regarded as their biggest asset by the country's producers.

Die petrolprys kan dalk in die eerste week van Mei verlaag word. Volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds kan dieselgebruikers egter steeds ‘n verhoging in die gesig staar. Daar is nog meer as ‘n week oor voordat brandstofpryse vasgestel word. Die huidige data toon dat 95 oktaan petrol met sowat 34c per liter verlaag kan word, en 93 oktaan met 32c.

Die produksie van onverwerkte melk in Maart 2022 word geskat op 249 miljoen liter, dit is ?3,23% laer as in Februarie 2021. Kumulatiewe melkproduksie vir die eerste drie maande van 2022 is 761 miljoen liter, wat dui op 'n negatiewe groei van 0,86% vir 2022 indien dit vergelyk word met dieselfde tydperk in 2021 Indien dit vergelyk word met 2020, is die negatiewe groei 'n 5,58%.

Maize: The Russia-Ukraine conflict continues to weigh on global stocks. US planting was also behind the five-year average due to poor weather. These factors continued to provide global price support. The rand weakened amid a sluggish global economic outlook, power cuts, and the impacts of the KZN floods leader supporting local maize price increases.

Maize: The Russia-Ukraine conflict continues to weigh on global stocks. US planting was also behind the five-year average due to poor weather. These factors continued to provide global price support. The rand weakened amid a sluggish global economic outlook, power cuts, and the impacts of the KZN floods leader supporting local maize price increases.

The Black Sea blockade could cause a global food catastrophe. According to the UN, Russia’s blockade of Odessa’s ports could cause a global food catastrophe. In a typical year, these ports help feed 400 million people worldwide.

Rabies has killed thousands of kudus in Namibia since the 1970s, but years of research into methods to combat the often-devastating outbreaks have now yielded positive results. In the most recent study undertaken by the University of Namibia (UNAM), measurable antibodies were for the first time identified in a ruminant that received oral vaccination against rabies.

Land accounts for about 25% of global greenhouse gas emissions, or 11 gigatons of carbon dioxide a year. With the right measures, according to the study, it would act instead as a carbon sink absorbing 3 gigatons from the atmosphere a year by 2050.

Elke dag lees jy van dood en moordslag en haat en verwoesting in ons media. Alles gaan net om sensasie- Dan is daar nog 'n paar ander jong begeesterde manne vroue wat hulle neuse oral indruk in plekke waarvan hulle niks van weet nie en dan sommer die spreekbuis word van die organisasie of persoon deur hulle sosiale media bladsye. Word wakker en ken hierdie mense uit.

No medium in farming and agriculture give you so much news at one address.

AGRI NEWS NET- in jou hand- maklik om te lees en altyd op tyd-  7dae per week- 365 van die jaar-  No news medium in farming and agriculture give you so much news at one address 7 days a week. 

Agri News Net en Farmingportal.co.za se daaglikse gebruikers is Professionele Kommersiele landbouers met jarelange ondervinding, wat suksesvol is in alle aspekte van Landbou en voedselprodusering.

Meeste afkomstig uit familieboerdery wat deur die jare bekend is vir die vermoee om welvaart te skep.

 

Vreugde vir plant en lewe 

Hoender koor

So keer jy grond om.

Melkplaas-