OVK- lewer diverse dienste

OVK- lewer diverse dienste

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Oos Vrystaat Kaap Bedryf Beperk (OVK) is ‘n suksesvolle en een van die mees stabiele landboumaatskappye in Suid-Afrika met sy hoofkantoor in die skilderagtige Ladybrand.

 

Die OVK-Groep is gediversifiseerd met vertakkings in handel, graan, vesel, finansiering, lewendehawe, meganisasie, motors, versekering en nog meer. OVK Handel is een van die maatskappy se grootste kernaktiwiteite en die afdeling bestaan uit 58 handelstakke wat strek vanaf Wesselsbron in die noorde en Humansdorp in die suide, Prieska in die weste tot Elliot in die ooste.

 

OVK Graan bied ‘n omvattende diens aan graanprodusente wat effektiewe graanhantering insluit, asook kundiges wat ondersteuning met graanbemarking kan bied om waarde toe te voeg. Die Graanafdeling bedryf 20 graanhanteringsfasiliteite, versprei oor die Vrystaat, Noord- en Oos-Kaap.

 

OVK Vesel is een van die grootste hanteerders van sybokhaar in die wêreld en die tweede grootste wolmakelaar in Suid-Afrika. Die hanteringsfasiliteite in Gqeberha is van wêreldgehalte.  Opgeleide tegniese velddiensbeamptes en veselbemarkers bedien produsente oor feitlik die hele land.

 

OVK Kliëntefinansiering stel kredietfasiliteite aan produsente beskikbaar om suksesvol die siklusse van landbou te oorkom.  Die sukses van die afdeling is geskoei op ‘n paar mededingende voordele wat insluit: geen fooie, uiters mededingende rentekoerse, ‘n goeie begrip van produsente se besigheid en ‘n wye reeks finansieringsprodukte.

 

OVK Lewendehawe se tegniese- en bemarkingsbeamptes is uitstekend geplaas om landswyd ‘n omvattende diens te verskaf en is bekend vir hul professionele aanbieding van veilings.  Abattoirs en voerkrale word ook deurlopend van vee voorsien.

 

OVK Versekeringsmakelaars lewer ‘n omvattende reeks produkte en dienste met die klem op korttermynversekering, persoonlike- of landbouversekering, kommersiële versekering en oesversekering.

 

OVK Meganisasie bied nuwe en gebruikte meganisasie toerusting en ondersteuningsdienste wat onderdele en werkswinkels insluit. OVK is die verspreider van JCB asook AGCO produkreekse wat Fendt- en Massey Ferguson insluit.

 

OVK bedryf drie Toyota-agentskappe sowel as ‘n Suzuki-agentskap met 'n verskeidenheid van nuwe en gebruikte voertuie. Met agentskappe in Ficksburg, Ladybrand en De Aar bied OVK aan kliënte 'n volledige toegeruste handelaarskap met kundige personeel.

 

Olivia Energy Solutions lewer sonkragoplossings vir huishoudelike, kommersiële en industriële toepassings.

 

Bona-fide produsente word beloon vir hul lojale ondersteuning by wyse van ’n lojaliteitsvoordeel wat omgeskakel word in OVK aandele.  Die laaste drie jaar is meer as R330 miljoen aan produsente deur middel van dividende en lojaliteitskorting betaal.