Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom
“Die verwerkers en handelaars van voedselprodukte wat deur die landboubedryf produseer word was nog altyd die ‘middelman’ wat die verbruikers uitgebuit het,” sê Fanie Brink, ’n onafhanklike landbou-ekonoom.
Brink het reageer op die onsinnige uitlatings deur EBieSA, die organisasie wat ontluikende swart in- en uitvoerders verteenwoordig, wat op geen feite baseer is nie omdat die verhoogde invoertariewe op hoendervleis geensins hulle winsgewendheid sal raak nie.
Hy sê hulle winste word nog altyd op hulle totale produksiekoste plus ‘n winsmarge baseer wat net so aan die verbruikers deurgegee word. Die invoertariewe om die plaaslike pluimveebedryf en sekere ander landboubedrywe teen gesubsidieerde en onbillike ingevoerde mededinging te beskerm, is reeds jare gelede tussen lande onderhandel en deur die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) van die Verenigde Nasies in werking gestel.
Die is gevolglik baie korrek vir EBieSA om te sê dat dit baie “duidelik is dat hierdie tariefverhogings tot prysstygings vir verbruikers sal lei.” Niemand verskil daarmee nie omdat die lede van die organisasie bloot die verhogings net so aan die verbruikers deurgee! So, vir watter redes pla dit hulle en waarom gaan hulle so te kere daaroor?
Die feit dat die plaaslike pluimveebedryf nie voldoende kan produseer om aan die plaaslike vraag na hoendervleis te voldoen nie, is juis die gevolg van die regering wat nie die volle invoertariewe wat die WHO reeds in 2011 goedgekeur het wou implementeer nie as gevolg sy politieke doelstellings wat reeds die ekonomie vandag feitlik finaal vernietiging het.
Landbouprodusente moet baie kere hulle kostestygings self absobeer omdat die pryse van hulle produkte deur vraag en aanbod bepaal word en gevolglik is daar noodwendig baie meer landbouprodusente as swart pluimvee-invoerders wat “sukkel om kop bo water te hou en wat gedwing word” om die bedryf te verlaat.
Die oorsake vir feit dat die pluimveebedryf slegs aan 70% van die plaaslike vraag na hoendervleis kan voorsien, is presies dieselfde as in die geval van die koringbedryf wat in die tagtiger jare nog voldoende koring vir die land kon produseer, maar wat daarna net aan die helfte van die binnelandse vraag kan voorsien. Die koringbedryf se invoertariewe is net nog nooit ten volle ingestel nie omdat koringprodusente nie vir die regering se beleid van Swart Ekonomiese Bemagting kwalifiseer nie.
Die reaksie van EBieSA is presies dieselfde as die jarelange gebruik van die meulenaars van koring en mielies wat alle kosteverhogings, wat invoertariewe insluit, net so aan die verbruikers deurgee, ‘n meganisme en luuksheid waaroor produsente van landbouprodukte te beskik nie. Boonop het die ANC-regering deur wetgewing hierdie verwerkers en handelaars inspraak gegee in die aanbeveling en instelling van die invoertariewe vir die landbou om hulle winste te beskerm. Dit het in werklikheid presies niks met hulle te doen het nie omdat hulle in elk geval die tariewe net so aan die verbruikers deurgee. Dit is nie die rede waarom die WHO die invoertariewe op landbouprodukte vir al die lande in die wêreld goedgekeur het nie.
In tye van tekorte aan landbouprodukte sal die verwerkers, meulenaars en handelaars nooit skroom om hulle verhoogde insetkoste onmiddellik aan die verbuikers deur te gee nie, maar hulle buit ook die verbruikers nog verder uit om nie hulle pryse net weer so vinnig te verlaag as surplusse geproduseer word nie. In die landbou word niemand se wins gewaarborg soos in die verwerkings, meulenaars en handelaarsbedrywe nie.
Daar kan niks verder van die waarheid verwyder wees as die uitspraak deur EBieSA dat dit “nou daarop neerkom dat die verbruikers sal moet opdok omdat die ‘produksiesektor’ nie effektief is nie.” Volgens die organsiasie sluit dit ’n gebrek aan transformasie in, terwyl die politieke transformasiebeleid van die regering juis die hoofoorsaak is waarom ons nou met ‘n bankrotregering en ‘n mislukte staat sit!!
Die vervaardigers en handelaars slaag uitstekend daarin om juis hulle ondoeltreffendheid te verberg deur al hulle kosteverhogings en winsmarges in hulle pryse aan die verbruikers deur te gee. Landbouprodusente het nog altyd geen keuse gehad as om hulle doeltreffenheid aansienlik te verhoog deur die toepassing van die jongste en beste tegnologiese ontwikkelings om finansieel te kon oorleef nie.
“Die uitsprake van hierdie organisasie wat ontluikende swart in- en uitvoerders verteenwoordig, is in werklikheid ook niks anders as om hulle eie ondoeltreffendheid en voortdurende uitbuiting van die verbruikers te probeer verberg nie,” aldus Fanie Brink.
ooooooOooooooo
Invoerders kap besluit oor hoër tariewe op hoender
https://www.netwerk24.com/Sake/Landbou/invoerders-kap-besluit-oor-hoer-tariewe-op-hoender-20200316