Haglike paaie ekonomiese en veiligheidsrisiko - Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 
Die haglike toestand van Suid-Afrika se paaie is tans ’n veiligheids- en ekonomiese-risiko vir landbou en individue.

TLU SA is baie bekommerd oor die toestand van die land se paaie. Dit het reeds en gaan net groter impak op die ekonomie hê, en nog belangriker is dat dit nie meer aldag veilig op die paaie is nie. Daar is verskeie faktore wat ’n rol speel en TLU SA besef swaar reën die afgelope weke en die daarmee gepaardgaande vloede het paaie beskadig, maar die feit is dat heelwat paaie reeds in ’n swak toestand was vóór die swaar reën en vloede.
 
Hier word na beide grond- en gruispaaie verwys as paaie wat dringend aandag nodig het, want weens die gebrek gereelde instandhouding is die toestand van die paaie nou so erg dat dit oorgebou moet word. Dit is verby die stadium waar instandhouding nog ’n moontlike oplossing is.
 
“In Limpopo moes ons onlangs ’n leier boer en voedselprodusent aan die dood afstaan weens die haglike én gevaarlike toestand van die R522 tussen Vivo en Louis Trichardt. Mnr. Gillie Fick was ’n bekende in die beesboerbedryf en het Vrydag tragies ontkom weens ’n slaggat in ’n pad wat besaai is met slaggate. Mnr. Gert Fourie is onlangs op dieselfde pad in ’n motorongeluk dood. Daar kom gereeld ernstige ongelukke op die pad voor met te veel sterftes,” vertel mnr. Drickus Botha, TLU SA Streekbestuurder: Noord.
 
“In Limpopo het die Landbou-unie en sy strukture gereeld met die Departement Openbare Werke – in opdrag van die vorige LUR – gesprekke gevoer. Die Departement egter dié produktiewe en gereelde gesprekke eensydig opgeskort.”
 
Oral in Suid-Afrika hoor boere dieselfde storie: Daar is nie geld, mannekrag en masjinerie nie. Tog is daar in die brandstofprys – wat omtrent elke maand styg - ’n groot gedeelte vir die instandhouding van paaie. Wat word van dié geld? 
 
“Onlangs is R5000 vir elke taxibestuurders gegee ter kompensering van verliese wat hulle gely weens die toestand van die paaie. Boere ly selfs meer skade aan hul voertuie en produkte wat by die markte moet uitkom, om die volk te voed. Daar is selfs vervoerkontrakteurs wat weens die toestand van paaie weier om dié spesifieke paaie te gebruik terwyl ander kontrakteurs hul tariewe verhoog as hulle by boere – tot wie toegang net op die verwaarloosde paaie gekry kan word – aflewerings moet doen of kos markte toe moet vervoer,” verduidelik Botha.
 
“Boerdery-insetkoste is reeds baie hoog en dit is nog voor vandag se brandstof-prysstyging in berekening gebring word. Ons kan eenvoudig nie nog ’n aanslag - soos die nasionale padtoestande - bekostig nie in ons poging om kwaliteit voedsel teen bekostigbare pryse aan die volk te lewer. Die regering moet nou tafel toe kom en op alle vlakke aandag gee die agteruitgang van ons paaie, want dit is reeds ’n krisis,” het Botha benadruk.

Haglike paaie ekonomiese en veiligheidsrisiko
 
Hazardous roads economic and safety risk
 
 The dire condition of South Africa’s roads are a safety and economic risk for agriculture and individuals.
 
TLU SA is concerned about the condition of the country’s roads. It already has and will only have a greater impact on the economy, and more importantly, it is no longer safe on the roads. There are several factors that play a role and TLU SA realises heavy rain in recent weeks and the accompanying floods have damaged roads, but the fact is that many roads were already in a poor state before the heavy rains and floods.
 
Here, both dirt and gravel roads are referred to as roads that need urgent attention, because due to the lack of regular maintenance, the condition of the roads are now so bad that it needs to be rebuilt. We are past the stage where maintenance is still a possible solution.
 
“In Limpopo, we recently had to sacrifice a leader farmer and food producer to death due to the dire and dangerous condition of the R522 between Vivo and Louis Trichardt. Mr. Gillie Fick was well-known in the cattle farming industry and tragically died on Friday due to a pothole in a road littered with potholes. Mr. Gert Fourie also recently died in a car accident on the same road. There are often serious accidents on the road with too many deaths,” said Mr. Drickus Botha, TLU SA Regional Manager: North.
 
“In Limpopo, the Agricultural Union and its structures had regular discussions with the Department of Public Works - on behalf of the previous MEC. However, the Department unilaterally suspended these productive and regular discussions.”
 
Everywhere in South Africa, farmers hear the same story: There is no money, no manpower and no machinery. However, there is a large part of the fuel price - which rises almost every month - for the maintenance of roads. What happens to that money?
 
“Recently, R5000 was given to each taxi driver to compensate for losses they suffered due to the condition of the roads. Farmers suffer even more damage to their vehicles and products that must reach the markets to feed the people. There are even transport contractors who refuse to use these specific roads due to the condition of roads while other contractors increase their tariffs if they must make deliveries or transport food to farmers - to whom access can only be obtained on the neglected roads, Botha explains.
 
“Farming input costs are already very high, and this is even before today's fuel price increase is taken into account. We simply cannot afford another onslaught - like the national road conditions - in our effort to provide quality food to the people at affordable prices. The government must now come to the table and at all levels pay attention to the deterioration of our roads, because it is already a crisis," Botha emphasised.