“TUSSEN ‘N MISLUKTE STAAT EN HOOP”- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

"Joernalistiek kan nooit tussen 'n mislukte staat en hoop in Suid-Afrika staan as joernaliste nie die oplossings vir die ekonomiese en politieke probleme verstaan wat ons vandag nie in die land beleef nie," sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy het verwys na die artikel van professor Lizette Rabe, voorsitter van die Departement van Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch,  "Joernalistiek staan tussen mislukte staat en hoop" wat gister op die webblad van Netwerk24 verskyn het.

As joernaliste vandag tussen 'n "mislukte staat en hoop" in SA wil staan sal hulle twee aspekte baie goed moet verstaan en besef naamlik, eerstens, die uiterste belangrikheid  van ‘n ekonomiese stelsel wat ekonomiese groei kan skep wat twee oplossings kan bied, naamlik, oplossings vir die baie ernstige fiskale en sosiale probleme in die land. 

Die meeste joernaliste vandag verstaan nie hoe ekonomiese groei geskep word wat beide hierdie probleme kan oplos nie, maar glo eerder steeds verkeerdelik dat die ANC-regering se sosialistiese ideologie die oplossing is, terwyl dit reeds die ekonomie onomkeerbaar vernietig het. 

Tweedens, joernaliste sal ook moet verstaan besef dat die geskiedenis deur al die eeue heen dit baie duidelik bewys het dat die ekonomies ongeletterde en onbevoegde politici in die verlede die grootste vernietigers van die ekonomieë van baie lande was. 

Die diktator en kommunis, Vladimir Lenin, en sy opvolger, Joseph Stalin, het die ekonomie van Rusland totaal vernietig met hul suiwer Marxistiese beleid; Adolf Hitler van Duitsland het met sy beleid van wêreldoorheersing die ekonomieë van die meeste Europese lande vernietig wat die Tweede Wêreldoorlog ontketen het; die Japannese leiers het die verkeerdste politieke beleidsbesluit in hulle lewe geneem toe hulle by die Tweede Wêreldoorlog betrokke geraak het deur die Amerikaanse vloot in Pearl Harbour aan te val waarvoor hulle die duurste moontlike prys betaal het. 

Baie diktators in Afrika soos Idi Amin in Uganda, Samora Machel in Mosambiek, Robert Mugabe in Zimbabwe, het dieselfde gedoen met hul sosialistiese, kommunistiese en korrupsiebeleid. Hendrik Verwoerd met sy beleid van afsonderlike ontwikkeling en Jacob Zuma met sy sosialisme, totale korrupsie en staatskaping het die ekonomie in Suid-Afrika op sy knieë gedwing wat vandag ongelukkig ook baie duidelik steeds deur Cyril Ramaphosa voortgesit word! Dit gaan vandag nog steeds net so voort want dit gaan vir feitlik alle politici net oor die uitslag van die volgende verkiesing sonder om die moontlike vernietigende gevolge daarvan vir die ekonomie in ag te neem. 

Suid-Afrika is in die proses om sy finansiële soewereiniteit sowel as sy status as 'n ontwikkelende land te verloor en sal in die nabye toekoms afgegradeer word na 'n onderontwikkelde land met geen ekonomiese groei, veel groter fiskale, sosiale probleme, menselyding en ellende net soos in die meeste ander Afrikalande. Dit sal uiteindelik verantwoordelik wees dat ongeveer 85% van die bevolking uiteindelik totaal afhanklik van die landboubedryf sal word nadat al die ander bedrywe aan die aanbodkant sowel as die private verbruiksbesteding, kapitaalvorming en uitvoere aan die vraagkant van die ekonomie heeltemal ineengestort het.

Die regering en die ekonomie het geld nodig om optimaal te funksioneer wat net van die privaatsektor af kan kom uit winste wat hulle maak en die vergoeding wat aan hulle werknemers betaal wat die grootste bronne van die regering se inkomste is. Persoonlike inkomstebelasting beloop 37,6%, maatskappybelasting 17,3% en belasting op goedere en dienste 38,5% (93,4%) van die totale inkomste van die regering wat 'n duidelike aanduiding is van hoe belangrik dit is dat ekonomiese groei van die vraag- en aanbodkant van die ekonomie geskep moet word wat deur die winsmotief gedryf word om die ernstige fiskale en sosiale probleme op te los!.

“Presies dit is wat ‘tussen ‘n mislukte staat en hoop staan!’”

 Daarom moet die regering 'n politieke en ekonomiese omgewing daarstel wat bevordelik vir die privaatsektor sal wees om meer winste te genereer wat die enigste manier is om ekonomiese groei te skep. Daar bestaan nêrens in die wêreld 'n ander manier hoe ekonomiese groei vandag geskep word nie. 

 As joernaliste dit nie verstaan en besef nie sal hulle nooit tussen 'n "mislukte staat en hoop" kan staan nie en dan sal die meeste mense in die land oningelig bly oor die ware realiteite en feite van die politieke en ekonomiese omgewing in die land waarin hulle woon!

Die meeste lande in die wêreld het vandag gemengde kapitalistiese/sosialistiese ekonomiese* stelsel juis vir die oplossing van fiskale en sosiale probleme, maar die ANC-regering met sy alliansie en sosiale vennote sal dit net nooit verstaan nie.

Die ergste van alles is dat die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds steeds die vernietgende sosialistiese ideologie van die ANC-regering ondersteun, ten spyte daarvan dat die VSA vir dekades lank die bastion van kapitalisme in die wêreld is en daarom in werklikheid besig is om Suid-Afrika uit te verkoop!!

"Die vraag wat eerder gevra met word is waar was die media toe Suid-Afrika in 'n mislukte staat met 'n bankrot en korrupte regering verval het met ongekende en groeiende fiskale en sosiale probleme in die land wat verder na anargie en verlies van menselewens aanleiding kan gee," aldus Brink.

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

*Countries with mixed economies

https://www.google.com/search?q=countries+with+mixed+economies&rlz=1C1EXJR_enZA875ZA875&oq=coutires+with+mixed+economies&aqs=chrome.1.69i57j0i13j0i22i30.12270j0j7&sourceid=chrome&ie=UTF-8


Newsletter Subscribe