BELEIDSVERSKUIWING ’N BEDREIGING VIR EKONOMIE EN LAND- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die voorgestelde radikale beleidsverskuiwing van die regering, volgens persberigte wat gister verskyn het, om die privaatsektor te betrek by die verliese van sy staatsondernemings en grondonteiening sonder vergoeding deur ‘grond te skenk’ hou ‘n ernstige bedreiging vir die ekonomie en die land in veral as die regering na wat berig word die privaatsektor met sy “politieke spierkrag” wil dreig om sy samewerking te verleen,“ sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy sê die ANC-regering het na 1994 daarin geslaag om ekonomiese groei te vernietig wat groeiende begrotingstekorte en staatskuld geskep het, asook ernstige fiskale en sosiale probleme veroorsaak het. Die regering het reeds die ekonomie op sy knieë gedwing met sy “politieke spierkrag.”

Die regering het dit oor amper drie dekades duidelik bewys dat hy nie daartoe instaat is om staatsondernemings winsgewend te bestuur nie weens sy ekonomiese ongeletterdheid, onbevoegdheid en onstuitbare korrupsie! Sy sosialistiese ideologie sal nooit enige ekonomiese groei kan skep of meer inkomste vir die regering kan genereer om die ernstige fiskale en sosiale probleme aan te spreek nie, soos baie duidelik gedemonstreer is!

Daarom sal dit totaal verkeerd wees vir die privaatsektor om met die regering onder hierdie voorwaardes saam te werk want dit sal die privaatsektor ongetwyfeld ook vernietig.

 Die primêre verantwoordelikheid van die regering is om die ekonomie te dereguleer en om 'n politieke en ekonomiese omgewing daar te stel wat bevorderlik sal wees vir die privaatsektor om winste te  genereer en ekonomiese groei te skep. Die regering sal moet besef en aanvaar dat die produsente, vervaardigers en verskaffers van persoonlike dienste aan die aanbodkant en die verbruikers aan die vraagkant van die ekonomie die belangrikste rolspelers is wat ekonomiese groei, vooruitgang en ontwikkeling kan skep.

Die privaatsektor behoort nie by enige publieke/privaat vennootskappe met die ANC-regering betrokke te raak nie. Die bedreiging van die regering, na wat berig word, se sogenaamde "politieke spierkrag” om ooreengekome projekte op die privaatsektor af te dwing, moet totaal verwerp word.

Noudat al die staat se ondernemings klaar bankrot en vernietig is, wil die ANC hê dat die privaatsektor daarby moet inkoop. Dit is baie duidelik niks anders nie as die tekens van 'n totaal korrupte, bankrot, ekonomies ongeletterde en onbevoegde regerende party wat misluk het en die einde van die pad bereik het!

“Die totaal verwoestende fiskale en maatskaplike probleme in die land vandag is baie erger as gedurende enige ander tydperk in die geskiedenis van die land en is juis die gevolg van ‘n mislukte regering se totale korrupsie, bankrotskap en wanadministrasie,“ sê Brink.

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

ANC proposes radical policy shift to work with private sector
https://www.businesslive.co.za/bd/economy/2022-04-25-anc-proposes-radical-policy-shift-to-work-with-private-sector/

ANC's new approach to land reform includes incentives for farmers who donate land

https://www.news24.com/fin24/economy/ancs-new-approach-to-land-reform-includes-incentives-for-farmers-who-donate-land-20220427