Die wêreldverbruik van katoen sal na verwagting met ongeveer 1,5% in 2019/20 toeneem. Die ICAC (International Cotton Advisory Committee) voorspel dat die wêreldverbruik van katoen 'n rekord hoë vlak van 27,3 miljoen ton in 2019/20 sal bereik ondanks handelsonsekerhede, verswakking in globale ekonomiese groei en die verlangsaming in die vraag na katoen.