VERANDERING IN CHINA INVOERE- Katoenverslag Suid Afrika Julie 2020

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Internasionaal- Ondanks die handelsgeskil tussen China en die VSA sal China na verwagting die wêreld se grootste invoerder van katoenvesel bly. 

Tariewe op katoenvesel het in 2018/19 gestyg wat Amerikaanse katoen 25% duurder gemaak het vir Chinese invoerders. Wêreldhandel vir die eerste nege maande van die seisoen is 22% laer as in dieselfde periode die vorige jaar. 

Namate Amerikaanse uitvoere na China in 2018/19 afgeneem het, het Brasilië markaandeel in China en ander lande verkry. Vir die 2019/20-seisoen sal Brasilië na verwagting meer as 1,8 miljoen ton katoen wêreldwyd uitvoer waarvan 527 000 ton vir China bestem is. Die verwagting is dat die VSA 3 miljoen ton katoen wêreldwyd sal uitvoer waarvan ‘n geskatte 277 000 ton tot einde April 2020 alreeds na China uitgevoer is, 'n toename van 29% teenoor die 2018/19-seisoen. 

Weens die verminderde vraag as gevolg van die COVID-19-pandemie het die markaandeel van uitvoerders na China verander.  Die droogte-toestande in Australië het die land se totale uitvoere na China vir 2019/20 beperk. Die uitvoere van Indië en Wes-Afrika na China het teenoor die vorige seisoen afgeneem.  Ander lande en streke wat stygende uitvoere na China gedurende 2018/19 getoon het, het egter minder uitvoere gedurende die 2019/20-seisoen na China geregistreer!

 COVID-19 het 'n bykomende uitdaging in die katoensektor teweeggebring wat reeds onder druk was as gevolg van die langtermyndaling in verbruik en verswakking in internasionale pryse sedert 2018.  Streng inperkingsmaatreëls in verskeie lande het die vervaardiging en handel van katoen wêreldwyd beperk. Gegewe die voortdurende onsekerheid rakende die uitwerking van die COVID-19-pandemie op die wêreldekonomie, is verdere afwaartse aanpassings in wêreldkatoenverbruik  asook groter eindvoorrade moontlik. 

Die wêreldkatoenproduksie word op 26,1 miljoen ton vesel vir die 2019/20-seisoen geskat terwyl ‘n wêreldwye daling in verbruik van 13% tot 22,5 miljoen ton voorsien word. Die eindvoorraad vir katoen in 2019/20 is dieselfde as verbruik naamlik 22.5 miljoen ton terwyl handel na verwagting met 11% tot 8,25 miljoen ton sal afneem. 

Gegewe bostaande verwikkelinge, is die verwagting dat die gemiddelde A-Indeks (internasionale verwysingsprys vir katoen) vir die 2019/20-seisoen 71 VSA sent per pond sal beloop teenoor ‘n verwagte projeksie van 58 VSA sent per pond vir 2020/21.

Wêreldkatoenbalanstaat

      

Aug - Jul

2020/21

 

2019/20

Mei

Junie

 

Miljoen Metrike Ton

Beginvoorraad

18.88

21.75

22.49

Produksie

26.15

25.12

24.86

Verbruik

22.54

23.75

23.31

Eindvoorraad

22.49

23.12

24.04

Voorraad/ Verbruik

99.8%

97.3%

103.1%

 

 

Internasionale Katoenpryse 

 

Vandag

Seisoen Laag

Seisoen Hoog

1 Jaar gelede

2 Jaar gelede

Huidige Cotlook A Indeks

68,85

59,15

80,20

77,00

93,75

NY Termyn “Nearby” Kontrak ᵃ

60,98

48,41

71,53

63,17

95,05

Basisᵇ

7,87

4,91

12,32

14,43

8,35

2019/20 gemiddeld tot datum

71,61

 

2018/19 gemiddeld

84,35

 


ᵃ Vorige dag sluiting

ᵇ Huidige A-Indeks minus “Nearby” NY (vorige sluiting)

Bron: Cotlook Ltd; kwotasies in VSA sent per pond


 

Plaaslik

Die 6de skatting vir die 2019/20-produksiejaar dui op 'n katoenoes van 135 303 bale vesel wat 3% laer is as verlede maand se skatting en kan toegeskryf word aan die laer as verwagte opbrengste in sommige van die produksiegebiede. Die beskikbaarheid van saad, die herstrukturering van pluiskapasiteit en ongunstige weerstoestande aan die begin van die plantseisoen was die belangrikste redes vir laer aanplantings in 2019/20. Die streng regulasies wat tydens die grendeltydperk gegeld het sal lei tot laer plaaslike katoenverbruik vir die oorsigjaar, terwyl die grootste deel van die oes uitgevoer sal word. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die land 'n netto uitvoerder van katoenvesel sal wees-