AGRI NEWS NET- Summary of the Weeks News - 6th February 2022

AGRI NEWS NET- Summary of the Weeks News - 6th February 2022

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Welcome to our world- the real world of Farming and Agriculture-  Our team know what farming and Farmers are all about-   

DOWNLOAD AGRI NEWS NET from the GOOGLE APP store- Get update with the news 7 days a week- 365 days per year- This AGRI NEWS NET -Some of the news stories of this week-,

Nuuskommentaar.

Kunsmis en Koring het oornag die status as goud aangeneem- maar die twee het mekaar nodig om 'n oes te lewer. Suid Afrika se koring boere is alreeds besig met die voorbereiding van hulle koring lande vir die plantseisoen wat in April en Mei in aanvang neem. Daar gaan baie koring geplant word want daar is baie ondervog besikikbaar en die prys is baie aanloklik- jy sal jou sommetjies baie mooi moet maak voor jy 'n pit in die grond sit.Aan die anderkant moet ons ook weet dat vervaardigers hierdie geleentheid gaan aangryp om nog meer geld te maak en die middelmanne gaan ook hulle pond vleis eis. Daar is hopeloos te veel middelmanne in die landbou wat tussen die vervaardiger en die boer sit en net kollekteer. Dis dalk tyd dat ons die mense begin uitwys wat nie werklik 'n goeie diens daarvoor lewer nie. Die manne kollekteer nog bemarkingsgeld ook by die moedermaatskappye om hulleself en die produkte te bemark. Landbouers wil by die vervaardiger koop. Dit gaan ons boere net meer instaat setel om verder suksesvol te produseer.

’n Kernboodskap uit Graan SA se kongres wat by die regering moet uitkom, is dat dit nie meer winsgewend is om mielies as die stapelvoedsel van Suid-Afrika te produseer nie. Wie gaan die bevolking van Afrika nou eet as dit nie meer betalend is om mielies te plant nie-  Hier is nóú ’n krisis en die oplossings moet nóú gevind word. Hier lê baie werk voor, veral wat mielies se winsgewendheid as stapelvoedsel betref. Die probleem is nie so erg by oliesade en ander gewasse nie. Van die Insetverskaffers moet maar hulle winste begin sny en hulle potlode so bietjie skerpmaak. 

Daar is heelwat Suid-Afrikaanse boere wat hulle oor die jare in Rusland en Oos-Europese lande gevestig het. Die Suid-Afrikaners in Rusland boer hoofsaaklik met vee terwyl dié in Oekraïne graanboere is. Rusland en Oekraïne produseer ongeveer 30% van die wêreld se graan terwyl Oekraïne met agt graangewasse onder die wêreld se tien topprodusente is. Oekraïne is die grootste produsent van sonneblom. Kunsmispryse was weens die uitwerking van die pandemie reeds hoog voor die uitbreek van die oorlog. Hoewel kunsmispryse in Suid-Afrika met bykans 200% gestyg het, is boere in ander lande nog swaarder getref. In Skotland betaal boere nou 300% meer en in België 600% meer. Suid-Afrika het deels die prysskok geabsorbeer, omdat ons meer kunsmis opberg en nie al ons grondstowwe invoer nie. Boere in die gebied sê ná baie trane en bloedvergieting kon die probleme met onderhandeling opgelos word.

DIE ANC se reaksie op die militêre besetting van ’n soewereine staat met ’n onbeholpe bevolking gelei deur ’n komediant wat naam as baldanser gemaak het, skrei teen my vertroue in die mensdom.  Die reaksie van die edelagbare President Ramaphosa op Rusland se inval in Oekraïne tekenend van ’n uiters twyfelagtige politieke karakter. Om Putin ter wille te wees in ’n poging om ideologiese of ekonomiese belange ten koste van menselewens te dien, is  sinies. Die ANC het duidelik absoluut geen belang by menseregte nie. Die morele relativisme en politieke argeloosheid van die voormalige bevrydingsbeweging geld die verarmdes van Suid-Afrika, die ekonomiese vlugtelinge wat ’n heenkome hier in Mzansi kom soek en ook die slagoffers van militêre geweld deur die magsbehepte fascis Vladimir Vladimirovich Putin. In die ruïnes van Luthulihuis het die twyfelagtige politieke karakters Lindiwe Sisulu en Pule Mabe ’n ideologiese traktaat gefabriseer wat trou sweer aan die woord van Putin en sy minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov. Dit is ongelukkig die geskiedenis van bevrydingsbewegings; hulle moraliseer oor menseregte wanneer daar ’n knie op die gorrelpyp is, maar repliseer soms sonder skroom die wandade van hulle verdrukkers. Met die morele ongeërgdheid van ons internasionale politieke beleid jeens Rusland skaar ons ons aan die kant van ongeregtigheid. Eers wás ons die muishond van die wêreld, nou romantiseer ons die muishonde van die wêreld ideologies. ( Vryeweekblad) En so sit Suid Afrika se President nog steeds sy draadsit kultuur voort en daardeur gee hy meer van homself en kaders weg. So kom alles in die lig wat agter toe kamers bespreek word. En met hierdie gebaar het die edelagbare President sekerlik 'n klop op die skouer gekry ( en dalk so iets onder die tafel deur) van sy pelle in Rusland en die edelagbare Putin self.  Maak nie saak hoe jy daarna kyk nie- jy kan dit nie goedpraat of ondersteun nie.

Wees positief dit sal ook verbygaan. 

Some of the News stories on AGRI NEWS NET -

’n Kernboodskap uit Graan SA se kongres wat by die regering moet uitkom, is dat dit nie meer winsgewend is om mielies as die stapelvoedsel van Suid-Afrika te produseer nie. Dit is ’n baie gewigtige saak wat dringende aandag verg, het mnr. Derek Mathews, voorsitter van Graan SA, gesê.

’n Graan-, vark- en skaapboer ding vanjaar mee om die titel as Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar. Voorsitter van die VL Jongboer-kompetisie, Rudo Opperman, sê Le Roux Erasmus van Hoopstad, Hennie Venter van Theunissen, en Jaco Burger van Wepener is die finaliste in die kompetisie wat reeds vir die 26ste keer deur Vrystaat Landbou aangebied word.

The continued steep rise in food price inflation, from 3.4% in 2019 to 5.7% at the beginning of this year, remains a major concern for South Africa, as it is exacerbating poverty and food insecurity among the country's poorest households.

Farmers in the African countries of Uganda, Algeria, Lesotho and Zambia have realized environmental and economic benefits of adopting no-till on their land.George Kaweesi works for Rural Enterprise Development Services in Uganda. The organization trains, advises and guides small-acreage farmers in the adoption of better farm practices and alternative technologies,.

Last week the Russian invasion of Ukraine had economic ripple effects as far away as South Africa. The links are through trade, and markets have priced in potential disruptions in supply due to the conflict and the sanctions against Russia.

Rooivleis is een van die mees voedsame kossoorte wat daar is. Dit is propvol vitamiene, minerale, anti-oksidante en ander voedingstowwe wat ‘n oorweldigend positiewe uitwerking op menslike gesondheid het.

Much of the commentary from the agricultural perspective has focused on how the global agricultural market will be directly affected by the Russia-Ukraine war through price volatility and a supply crunch in grains and oilseeds. Still, there is a lot to be said about the fertiliser market too.

A recent study published in Current Biology has created the first modern map of all 20,000 bee species across the globe. Given that bees are insects we rely heavily on to pollinate our crops, a surprisingly little amount is known about bee populations, apart from that their numbers continue to decline around the world.

Oliepryse het in handel vroeg vanoggend effe herstel en Brent kos rondom 112 Amerikaanse dollar ‘n vat teenoor Donderdag se 118 dollar. Voorspellings vir Brent-ru-termynkontrakte vir Mei het tot soveel as 114 Amerikaanse dollar ‘n vat gestyg, so enige idee dat olie binnekort sal daal na onder 100 dollar ‘n vat kan laat vaar word.

Te midde van die toenemende agteruitgang van die Vrystaatse pad-infrastruktuur, is die toekenning van ’n R45,2 miljoen instandhoudingstoelae vir paaie van die nasionale tesourie gestaak.

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,5% vir nie-RWS en 1,9% vir RWS wol gestyg, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R172/kg en R200,86/kg, onderskeidelik gesluit.

“Ons het nie die luukse om vir twee tot drie jaar oor die dilemma van kunsmispryse te praat nie, ons beleef 'n krisis en ons moet dadelik tot aksie oorgaan!”So gesels Louis Strydom, bemarkingsdirekteur van Omnia Fertilizer

Demand for cabbage and carrots picked up over the weekend, with quality on both reportedly good. There was however a slight shortage currently on the Pretoria fresh produce market. A bag of superior quality cabbage sold for R80, and loose heads sold between R10 to R12. Poorer quality cabbage sold between R40 and R50.

Scientists at South Africa's government research organisations have been told to say and do nothing that could be considered a political statement around Russia's invasion of Ukraine.

Die gesloer van tot meer as twee jaar met die hernuwing van bestaande vuurwapenlisensies, die uitreiking van bevoegdheidsertifikate en nuwe vuurwapenlisensies knou die wildbedryf in die algemeen en die jagbedryf in die besonder, en frustreer jagters wat nuwe vuurwapens gekoop het.

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om die presidensiële koördineringsraad oor Covid-19 dringend byeen te roep om die beëindiging van die nasionale ramptoestand te bespreek.

By using an aviation analogy, Roelie van Reenen, supply chain executive at Beefmaster Group, paints a gloomy picture of the future of our agricultural towns in South Africa if municipal service non-delivery continues unchecked. Is there a way out before it is too late?

The report is, as it says, about numbers and coincides with the latest hunting quotas for this year released by the Department of the Environment: 10 critically endangered black rhino, 150 endangered elephants — which will mostly be hunted in the Associated Private Nature Reserves and thus be from free-ranging Kruger Park herds — and 10 leopards, ....

Die aantal plekke wat met bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal besmet is, is aangepas sedert die vorige verslag in Desember 2021 wat deur die direktoraat dieregesondheid uitgereik is.

Die hoofekonoom van die Landbou-sakekamer, Wandile Sihlobo, sê sanksies weens die Russies-Oekraïense konflik sal reeds hoë kunsmis-pryse onder nog groter druk plaas. Hy sê hy is veral bekommerd oor wintergewasse soos koring, gars, canola, en hawer. Dié gewasse word einde April geplant. Boere en landbou-ondernemings wat nie reeds genoeg voorraad het nie, kan ‘n prysskok te wagte wees.

‘n Groeiende aantal Amerikaners verkry nie genoeg yster uit hul diëte nie en dit kan bes moontlik toegeskryf word aan veranderinge in boerderypraktyke asook die feit dat daar wegbeweeg is van vleis, rapporteer wetenskaplikes.

The Integrated Vaal River System (IVRS) remains in an impressive state, with its level remaining above the 100% mark despite a decline this week compared to the week before. The system has recorded a marginal decline from 100.3% last week to 100.2% this week, going down by 0.1%.

This is just a FEW headlines of this week news stories of 260 that was posted this week on AGRI NEWS NET-  Get your own Unique PIN NUMBER to read some of the stories ONLINE , when you download the APP.

DOWNLOAD AGRI NEWS NET and enjoy 7 days of real farming and Agriculture NEWS. 

No medium in farming and agriculture give you so much news at one address.

AGRI NEWS NET- in jou hand- maklik om te lees en altyd op tyd-  7dae per week- 365 van die jaar-  No news medium in farming and agriculture give you so much news at one address 7 days a week. 

Agri News Net en Farmingportal.co.za se daaglikse gebruikers is Professionele Kommersiele landbouers met jarelange ondervinding, wat suksesvol is in alle aspekte van Landbou en voedselprodusering.

Meeste afkomstig uit familieboerdery wat deur die jare bekend is vir die vermoee om welvaart te skep.

So werk ons mane en vroue om ons seelewe te red - Suid Afrika 

Afrika op sy beste

So tel jy 'n bees op. 

Die beeste wag vir hulle weiding- en die dame se stem spreek vanself.

Die boere leer en sing sommer lekker saam

Die robot is groen en die taniie is haastig


Newsletter Subscribe

AGRI NEWS NET "LIVE" FEED