Die verandering in Suid Afrika na die "lockdown"

Nog nooit het 'n pandemie die wereld en sy mense so platgeslaan in die 20 ste eeu, soos die Covid 19 nie-  Die wereld het reeds verander- en of die mens gaan aanpas by die nuwe denke en leefwyse gaan ons moet sien.- En daar is eintlik nie 'n ander keuse nie.

Ons is in die 4de week van die sogenaamde "lockdown" waar die regering met  'n ysterhand probeer regeer het. Die meeste mense kom die regulasies na, ten spyte van hulle finansieele verliese.  Maar mense wil nie meer vasgehou word nie- Suid Afrikaners wat vir hulleself werk, wil nie in die oe van die regering en banke kyk vir hulle voortbestaan en Inkomste nie- hulle wil werk en hulle plig nakom ten opsigte van hulle werknemers, families ens. Daar is genoeg tyd gemors en weereens is dit die mense wat die regulasies nagekom het, wat op die einde van die dag die swaarste gaan kry- 

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het 'n beroep op lande gedoen om seker te maak dat langer inperkings nie uitermatige moeilike tye vir mense tot gevolg het nie. Die streekdirekteur vir Afrika, Matshidiso Moeti sê dit is nodig dat die impak van inperkingsmaatreëls op mense gereeld gemonitor word. 

Groot politieke verwikkelinge is besig om te gebeur. Mens sien dit op internasionale, nasionale en gemeenskapsvlak. Terselfdertyd gaan sekere dinge dieselfde bly en ander gaan verander. Die politieke landskap gaan verander, maar die spanning tussen die Ooste en die Weste sal voortduur; 

Die polisie word besig gehou deur sekere inwoners wat sonder kos en drank is en daarmee winkels beroof- saam met dit word ons landbouers elke dag geteister, deur diewe wat rondbeweeg en by landbouers steel. Daagliks is daar berigte van diefstal en skape word helder oordag afgeslag. En plaaswagte word nie toegelaat om te opereer nie.  Dit is wat gebeur as 'n land nie die infrastruktuur en leierskap het om hierdie sogenaande "lockdown: korrek te kan toepas en bestuur nie.  Elke dag sien ons hoe sekere lede van die polisie en weermag inwoners behandel en ook in sekere gevalle aanrand. Maar die oorgrote meerderheid van die lede kom hulle pligte na en dit is, om Suid Afrikaners te dien in hierdie tyd.

Die koronavirus gaan waarskynlik ’n herrangskikking van prioriteite meebring, ook vir regerings. Ons móét hierdie skommeling van prioriteite met redelike sekerheid kan voorsien, dit spoedig kan identiseer wanneer dit wel gebeur. Die regering van Suid Afrika  het eweskielik meer mag gekry-  daarom is die optrede van sekere lede van die regering asook die magte waaroor hulle beskik, dalk veel gevaarliker as die virus op sekere besluite.

Die moontlike gevolge van die staat van inperking is meer omvattend as wat baie van ons besef. Dit is veral belangrik om rekening te hou met die gevolge van die staat van inperking op die terreine van die politiek, burgerregte en die ekonomie. Op politieke terrein word President Cyril Ramaphosa wyd geloof vir sy optrede om die verspreiding van die virus te beperk. Dat jy moelike besluite moet doen is gewis - en in baie moeilike omstandighede.

Sy gewildheid is waarskynlik nou hoër as ooit tevore. Terselfdertyd boesem die meeste van sy kabinetslede nie juis vertroue in nie en lyk dit asof hulle die toename in mag geniet wat hulle weens die ramptoestand gekry het. Net om te sien hoe een minister soveel mag het om 2 van die land se grootse Inkomste bedrywe soos drank en tabak summier te sluit- en tot stilstand te bring, dit alleen is  'n aanduiding van die omvang van mag in die inperkingstyd wat geen perke ken nie en wat baie nagevolge gaan he, as dit nie reg toegepas was nie. Landbouers en maatskapyye gaan nie stilsit en toekyk hoe jarelange arbeid, sweet en sukses vernietig gaan word deur lede van die regering wat hulle posisies dalk oorskry het nie. 

Die edelagbare President gaan waarskynlik met ’n groter mate van selfvertroue optree. Maar of hy die ekonomie gaan regruk weet ons nie- na 3 weke is daar baie min hoop en moet Suid Afrikaners nog 2 weke in aanhouding wees. Daar is wel verligting aangekondig vir sekere bedrywe maar dit is nie veel nie en daarmee saam kom weer 'n nuwe stel reels. Daar in die volgende week weer verslappingsmaatreels aangekondig word.  Meeste van ons het reeds 'n draai gemaak in groot winkelsentrums en daar is net een woord wat die beskryf en dit is 'n verlate "begraafsplaas" Dit is teken van armoede en ellende wat die nagevolge van hierdie imperkings gaan bring as ons nie spoedig tot aksie oorgaan nie.

Wat burgerregte betref, is daar tans bykans geen burgerreg wat nie ingeperk word nie. Die beperkings op ons reg op vryheid van beweging , ekonomiese aktiwiteite  en vryheid van spraak is ooglopend. Landbouers wat wyn en tabak produseer se produksie word geraak omdat die regering almal onder dieselfde kamp skeer as dit kom by drank en tabak misdryf. Daar is meer mense wat drank verantwoordelik gebruik as mense wat dit misdryf en saam met dit nog drankwinkels beroof. Hierdie optrede van die regering strook nie met 'n verantwoordelike optrede nie- maar meer 'n misbruik van mag. Die regering kan hom verskeie hofgedinge en skadevergoedingseise op die hals haal namate regslui gate skiet in die regsgeldigheid van sommige van die inperkingsregulasies weens die Covid-19-pandemie.

Die tweedegenerasieregte in die Grondwet, soos die reg op behuising, die reg om te werk en die reg op voedsel. Die ekonomie word ernstig deur die staat van inperking benadeel. Sakeondernemings gaan in groot getalle hul deure sluit; meer as 1 miljoen mense en meer gaan waarskynlik hul werk verloor; staatskuld gaan waarskynlik styg tot by 70% en meer van BBP; en die ekonomie gaan waarskynlik met 5% en meer krimp. Gelukkig het die Reserwebank na vele jare dalk besef dat hoe rentekoerse die land meer skade aandoen as goed. 

Die syfers het drasties verander toe die staat van inperkring verleng het. Moody’s Investors Service en Fitch se onlangse afgradering van Suid-Afrika se kredietgradering na rommelstatus gaan dinge nie makliker maak nie .Dié afgradering hou meestal verband met swak regeringsoptrede en nie bloot die skuld van die koronavirus nie .

Landbou  is die ruggraat van enige land- en as sy regering nie Landbou erken en dit as sy hoof prioriteit sien nie- dan gebeur wat in die res van Afrika gebeur het -Hongersnood.

Suid Afrika se voedselsekerheid is stabiel- en weereens het Suid Afrika se landbouers gesorg dat daar genoeg kos is vir die miljoene mense wat die staat nou self moet voed. 

Na hierdie ervaring lyk dit onwaarskynlik dat boere soos gewoonlik sal terugkeer na die huidige manier van werk  In plaas daarvan sal heel waarskynlik probeer om die risiko's as gevolg van afhanklikheid van buitelandse seisoenwerkers te verminder deur meer van hul bedrywighede te outomatiseer. As groot landbouprodusente in gevorderde ekonomieë hierdie stappe neem, kan hul eweknieë in ontwikkelende lande dit volg, selfs op plekke sonder arbeidstekort. Suid-Afrika het byvoorbeeld 'n groot aanbod ongeskoolde, dikwels werklose werkers wat goed geskik is vir plaaswerk. (Dit is egter tekort aan geskoolde arbeid.) Sekerlik, outomatisering verg aansienlike voorafbelegging, en sommige werk (soos die oes van vrugte en groente) is moeiliker om te outomatiseer as ander. Maar tegnologieë soos drones, outonome trekkers,en robotte is 'n drastiese afname in die boere se vertroue op trekarbeid.

Hoewel mielies van hoë gehalte nie op die oomblik in alle gebiede vrylik beskikbaar is nie, verseker Graan SA dat daar oorgenoeg is om voedselsekerheid vir die volgende twee tot drie maande te verseker totdat die nuwe oes na die mark sal begin stroom. Daar is wel gehalte-probleme op sekere plekke. Baie van die beste gehalte mielies is op spesifieke plekke gekonsentreer en alle verwerkers kan nie noodwendig hul hande daarop lê nie. Daar is egter geen risiko vir Suid-Afrika se voedselsekerheidstatus nie. Die gehalte kan ongemaklikhede veroorsaak tot einde Mei, maar sodra die nuwe oes inkom, sal dit weer normale siklusse volg. Intussen het die Amerikaanse departement van landbou pas Suid-Afrika se mielie-oes vir 2019-’20 op 16 miljoen ton geraam – 36% meer as die vorige seisoen. ’n Oes van 16 miljoen ton sal Suid-Afrika in staat stel om ook wyer as Afrika na tipiese ander markte soos Japan, Taiwan, Viëtnam en Suid-Korea te kan uitvoer, mits die Covid19 pandemie nie uitvoer ontwrig- dit is die gehalte van die Suid Afrikaanse landbouers wat tans die ruggraat van Suid Afrika is.

Met die kwessie van grondonteiening wat eersdaags weer in die Suid-Afrikaanse parlement te berde gaan kom, is dit nogal belangrik vir lede van die kabinet om groter begrip te toon vir die erns van die gevare verbonde aan oormatige staatsinmenging in die ekonomie. Die Covid-19-pandemie sal hopelik binne ’n paar maande iets van die verlede wees en dan kan die ekonomie weer die agterstand inhaal. Die ekonomiese ellende wat op radikale grondhervorming sal volg, sal dekades lank neerslag vind en die huidige resessie soos ’n agtermiddag braai in die park laat lyk.

Maar ná die pandemie sal die tegnologiese verspreiding waarskynlik ook versnel, nie as gevolg van binnelandse marktoestande nie, maar as gevolg van die noodsaaklikheid om op wêreldmarkte mee te ding met produsente in die gevorderde lande wat outomatisering gebruik. Die NDP is juis ook daarop gemik om landboubeleggings in besproeiing te verhoog, produktiwiteit te verhoog en uitvoermarkte uit te brei - al die doelstellings wat groter outomatisering kan moontlik maak of noodsaak. Meer breedweg gesien, tydens die herstelfase na die COVID-19, sal beleidmakers en nywerhede in alle lande met grootskaalse landbou baie aandag moet gee aan neigings in outomatisering.

Wat werknemers betref, hoewel landbougeleenthede in lande soos Suid-Afrika waarskynlik volop sal bly, moet diegene wat afhanklik is van seisoenale poste in die gevorderde ekonomieë, voorberei op nog meer onsekerheid wat voorlê. En die regering pas nog steeds sy beleid van Swart bemagtiging toe as dit kom die hulp wat aangebied word vir klein sake ondernemings asook in Landbou. Dit kan nie EENHEID bevorder nie - nie as almal geraak word deur die pandemie nie.

Om aan te voer dat die verspreiding van die virus beperk moet word, hoef nie te beteken dat die ekonomie vernietig moet word nie. Om die ekonomie te wil red, hoef nie te beteken dat mens niks aan die virus doen nie. Die uitdaging is om ’n gesonde balans te kry. As die virus gestuit word, maar mense kan nie meer brood op die tafel sit nie, gaan dit in elk geval tot groot onrus, plundering, werkloosheid, hongersnood en sterftes lei. Die langtermyngevolge daarvan kan selfs erger as dié van die virus wees. Om téén inperking vir die behoud van die ekonomie te argumenteer, is in baie mense se oë ’n moreel moeilik verdedigbare argument, veral as mens nie ’n alternatiewe plan het nie. Meeste van Suid Afrika se inwoners het respek vir die Corona Virus en pas hulleself en hulle gesinne verantwoordelik op en daarmee saam het elke inwoner empatie vir elke mens wat die virus opgedoen het. Dit kan met elkeen van ons gebeur. 

Die totale aantal Suid-Afrikaners wat oor die volgende tien jaar van armoede kan sterf, kan meer as 300 000 wees, plus die getal wat as gevolg van die virus gesterf het, ten spyte van al die pogings om die verspreiding van die virus te beperk of te stuit. Dat baie mense van die virus sal omkom, is ’n gegewe. Om die ekonomie in te perk, sal eenvoudig beteken dat armoede-verwante sterftes sal toeneem. Die regering het agv die inperking versoorsaak dat daar tienduisende meer werkloses gaan wees wat van die staat afhanklik gaan wees. Dis moeilik om te glo dat die regering nie hierdie feite kan insien nie. 

Die argument vir die behoud van die ekonomie – en dus dat mense steeds in staat moet wees om te kan werk en vir hul gesinne te kan sorg – is júís ’n morele argument. Dat daar wel stappe gedoen moet word om die verspreiding van die virus te beperk is 'n gegewe- Dit beteken egter nie dat daar nou ’n oop boek op staatsingryping kan wees nie. Verantwoordelike mense wat omsien na hulle gesinne, huishoudings, finansies, gesondheid en denke moet nou beheer word, omdat die groot meerderheid nog nie die verantwoordelikheid ken of aanvaar het nie. 

Veral in Afrika gaan China ’n groter rol speel. China mag dalk in sekere streke nie gewild wees nie , maar in Afrika word China beskou as die redder wat verligting bring en sukkelende regerings help. Maar dit word al duideliker dat baie mense in Suid Afrika nie baie ingenome is met enige mediese toets of maskers uit China nie. Dis asof die naam China nie meer so gewild is nie. 

Belastingbetalers gaan ná afoop van die koronakrisis meer en doeltreffender druk as ooit tevore op die regering moet toepas om die nodige maatreëls gereed te kry om die privaat sektor te bemagtig om die ekonomie te laat groei.

Landbou in Suid Afrika is tans die leiers op die gebied wat die ontwikkeling van klein en opkomende boere en het reeds miljoene rande bestee aan die vestiging van hierdie boere- wat  vandag suksesvol boer en reeds 'n groot bydra lewer tot die kosmandjie in Suid Afrika. 

Die regering by name die ANC kyk reeds na China vir antwoorde en oplossings. Die rol wat China op enige vlak in Suid-Afrika gaan speel, gaan waarskynlik toeneem. Globalisering kan in ons guns aangewend word. Die beskikbaarheid van tegnologie om internasionaal te skakel, skep baie geleenthede. Elke generasie het sy eie uitdagings en hierdie is maar net een van die baie uitdagings wat ons in ons lewens gaan beleef of reeds beleef het. Dit is belangrik om versigtig optimisties te bly.  

Dit is jammer dat die regering en hulle meelopers verantwoordelike Suid Afrikaners soos kinders behandel en daarmee saam almal onder dieselfde kamp skeer-  Dis duidelik dat hierdie mag wat die regering oor die inwoners van Suid Afrika het, vir sekere van die regerings lede groot vermaak verskaf. Maar hierdie was en is 'n eerste vir elke inwoner van Suid Afrika- indien daar weer so iets in toekoms kan ontstaan sal daar duidelik meer inligting wees en sal die Inwoners meer op hulle regte kan staatmaak. Landbou het nog altyd verantwoordelik opgetree en altyd nuwe voorstelle na die tafel gebring om sekere probleme in die land op te los en dis waarom Landbou so suksesvol in Suid Afrika bedryf word. 

Daar is vele artikels reeds geskryf en Suid Afrika se ekonome wys elke dag, wat die gevolge gaan wees van die inperkings as dit nog langer gaan duur.

Die virus gaan nie weg wees oor 2 weke nie- dit gaan nog steeds 'n bedreiging wees- en daarmee saam moet ons die Ekonomie opbou- wat reeds voor die virus op sy laagste vlak was.

Maar ons moet om ons kyk en ons medemens help wat in hierdie tyd nie kos het nie- daar is 'n baie groter nood as wat enige een van ons aan kan dink. 

Boere moet hulleself  herposisioneer, hul produksie- en bemarkingstrategieë verander om tred te hou met die vinnig veranderende realiteite ná Covid19,  hulle benodig betroubare inligting in die toekoms en wat in die waardekettings gebeur. Jy moet aanpas of jy bly agter want die Covid19 gaan nie weg nie. Jy moet loskom van skuld- al is geld hoe goedkoop om te leen, bly jy nogsteeds onderdanig aan die skuldgewer. 

Soos ek ons landbouers ken gaan hulle soos altyd weer hierdie krises ook oorleef- Ons het sterk landbou organisasies, leiers en maatskappye - en weereens gaan landbou tot die regering se staatskas 'n aansienlike bydra maak- en daarvoor moet ons Landbou bedank die landbouers van Suid Afrika. 

Dit is die kwailteit van Suid Afrika se landbou. 

Ons beweeg baie vinniger as wat beplan is, in 'n nuwe bestel in- en dis hier- en nou moet ons aanpas. 

Die tyd vir baie vinnige verandering het reeds gebeur- sorg dat jy deel daarvan is. 

Johann Pretorius  CRA Group.

" Ons kan waarskynlik nog twee weke duld, maar as die president volgende week opstaan en nog ’n verlenging van die inperking aankondig, dan is moeilikheid. Die gevolge vir die ANC en vir  Cyril Ramaphosa kan ernstig wees. As die President hierdie inperking nog harder gaan druk, gaan hy die ekonomie heeltemal vernietig."