Hoe kan ons wegkom van die huidige manier van regering- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

‘n Chirurg en sy seun ry in hulle motor en maak ‘n ongeluk. Die chirurg sterf maar die seun word na ‘n hospitaal geneem.

By die hospitaal kyk ‘n ander chirurg na hom en verklaar” “Hierdie is my kind, ek kan nie op hom opereer nie”. Dit lyk na ‘n onoplosbare situasie, maar die ander chirurg is die seun se moeder. Vrouens, en dus moeder’s, kan ook chirurge word.

 

Oor die afgelope 26 jaar het ons gekondisioneer geraak dat slegs ‘n sekere groep of party die land moet regeer, maar daar is ander spesialiste ook. 

 

Om ons huidige politieke situasie uit ons gebruiklike tweekantige perspektiewe van links en regs, demokraties of ondemokraties, sosialisties of kapitalisties en reg en verkeerd te benader is te eng, en mens beland intellektueel heeltyd in doodloopstrate waar frustrasie mens se denke oorheers, en geweld as die enigste redelike oplossing oorweeg word.

 

‘n Alternatiewe benadering is om politiek in die vorm van ‘n kontinuum te konseptualiseer en dit kom van niemand anders af nie as Albert Einstein wat dit so verwoord het: “Politics is a pendulum whose swings between anarchy and tyranny are fueled by perpetually rejuvenated illusions”.

 

Die pendulum-gedagte skep ‘n magdom alternatiewe oor hoe om weg te kom van uiterstes, en ‘n gematigde maar effektiewe middelgrond te skep.

 

Die geskiedenis het al meer as eenkeer gewys die meganisme waarmee ekstreme regerings tot halt geroep en teruggebring word tot ‘n politieke realiteit waar die land en sy toekoms hoër geag word as individuele vryheid, die reg gebalanseerd toegepas word en nie op grond van ras of politieke affiliasie nie, en ekonomiese rykdom verband hou persoonlike prestasie en nie ekonomiese korrupsie nie, is die Republikeinse Moraal.

 

Dit is die meganisme wat die Amerikaanse publiek in die vorm van die Republikeinse Party gebruik wanneer nodig en wat patriotiese, gematigde maar sterk konserwatiewe leiers soos Ronald Reagan en Donald Trump opgelewer het om die VSA weg te ruk van die ramspoedige gevolge van emosie gedrewe liberalisme.

 

Margaret Thatcher het met dieselfde aanslag Brittanje in die 1970’s ideologies opgehef en sodoende uit die greep van sosialisme en vakbonde bevry.

 

En dit is nie onbekend aan Suid- Afrika nie. Dit is by verstek die meganisme waarmee Suid-Afrika homself los gestoei het uit die onderdrukkende greep van Britse imperialisme en in 1960 ‘n Republiek verklaar het.

 

In al bogenoemde gevalle het doemprofete groot moeilikheid voorspel, maar die resultaat was uiteindelik stabiliteit en geweldige ekonomiese voorspoed (die VSA groei tans vinniger as op enige stadium in sy geskiedenis).

Daarby het dit niks met ras te doen nie (Dr. Martin Luther King was ‘n Republikein), en dit is internasionaal ‘n edel en aanvaarbare politieke strategie.

 

‘n Republikeinse Party met ‘n federale bestuurstelsel kan sorg dat een groep nie oor ‘n ander heers nie, terwyl alle Suid-Afrikaners steeds polities inklusief geakkomodeer word.

 

So ‘n party kan byvoorbeeld ‘n Nasionale Fonds bedryf wat grond kan besit en die ontwikkeling wat daarop plaasvind, bestuur. Dit sal verseker dat kulturele entiteite beskerm word en algemene lewenstandaarde nie verlore gaan nie. Voorbeelde van so ‘n strategie is die Crown Estate instelling in Brittanje en die Jewish National Fund in Israel.

 

Veral in Brittanje sorg dit dat Midde Oosterse magnate nie al wat ‘n eiendom is koop, en Brittanje sy unieke kultuur en erfenis verloor nie.  Op hierdie wyse word beheer en sekuriteit in die hande van die patriotiese en ekonomies vaardige deel van die gemeenskap behou, eerder as deur die onbevoegde en onverantwoordelike stemvee van een of ander politieke party.

 

Daarby hoef die party nie die regerende party te wees om met so ‘n strategie te begin nie. Dit is heeltemal haalbaar binne bestaande wetgewing en kan aangepak word terwyl die regering van die dag nog in beheer is, en kan in werklikheid sy einde beteken.

 

Johan de Klerk, Prokureur, Pretoria.

 

CRA Group en sy mediums Farmingportal.co.za en AGRI NEWS NET en E MEDIA plaas deurgaans berigte van Vryskutjoernaliste en stem nie noodwendig saam met hulle uitprake en menings nie. 


Newsletter Subscribe