2020 se einde is in sig- maar wat van Suid Afrika ?

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Ons is in Desember 2020- 'n jaar wat baie min mense wil onthou- maar ook 'n jaar waarin ons land en die wereld besef het dat ons anders kan werk en anders kan leef- indeendeel daar het soveel verskuifings plaasgevind wat dalk eers oor jare sou plaasvind as dit nie was vir Covid 19 nie- 

Daagliks word Covid 19 die skuld gegee  deur die regering en sy meelopers- vir alles wat verkeerd is in land- dit het ons almal al voorspel lank voor die Covid 19 regulasies van krag was. Elke dag lees jy in media hoe nog 'n regerings maatskappy tot in die grond bestuur is en leeg gesteel is.  Almal betrokke "demand" en "strike" en roep om hulp. As dit nie werk nie brand hulle sommer die plek af. Die regering sien dit, en hoor dit maar hulle kan nie veel doen nie- want daar is nie geld nie. Wanorde, korrupsie, moord, verkragting, haatspraak , rasisme is deel van ons daaglikse nuus. Die regering het beheer oor die land verloor as jy kyk hoe ons edelagbare President sekere insidente ignoreer.

Reeds in die aanloop tot COVID-19 het Suid-Afrika met omvangryke ekonomiese en finansiële uitdagings te make gehad. Lae tot negatiewe ekonomiese groeikoerse, verlaagde per capita-inkomste, verhoogde staatskuld, ’n verkleinde belastingbasis, korrupsie en staatskaping (sommige beraam die waarde hiervan op R1.5 triljoen) was Suid-Afrika reeds genoodsaak om vir buitelandse lenings  aansoek te doen om die spreekwoordelike sinkende skip te help red.

Hierdie scenario is vererger deur die skuld-/disfunksionaliteitskrisis van instellings soos ESKOM, die Poskantoor, TRANSNET, DENEL, SAL en die toenemende probleme ten opsigte van plaaslike regerings in Suid-Afrika. Met die COVID-19-dinamika is hierdie scenario vererger en word bereken (volgens die Tesourie se Aanvullende begroting vir 2020) dat die Suid-Afrikaanse ekonomie eers teen die tweede helfte van 2024 sal terugkeer na die posisie van voor COVID-19.

Een van die  taaiste take is om woorde te vind wat ’n getroue beskrywing te gee van die toestand waarin die Suid Afrika verkeer.  Eintlik is daar nie woorde nie- en wat daar is klink nie baie goed nie. 

Die ANC se organisatoriese ineenstorting en korrupsie is die nadraai van patronaatskap en politieke magsug verdoesel in swart bemagtiging. Byna elke sent wat ooit uit die staatskas die weg gevind het na die motorhandelaars van Sandton het deur tenders met ’n bemagtigingsmotivering geloop. Ons sien daagliks hoe hierdie soegaamde groot besigheidsmanne en vrouens met  groot lawaai en windmakerigheid op ons paaie rond baljaar en ry net soos hulle wil. Meeste van hulle is so arrogant met die miljoene  taatsgeld in hulle bankrekenings .Jy kan duidelik kan sien dat baie min van hulle nie instaat sou wees om een sent op 'n eerlike hardwerkende wyse te kon verdien nie. 

Uiteraard het die wit kapitaaleienaars wat goedkoop politieke trou by die nuwe magshebbers wou koop, tougestaan om tenderpreneurs en kaderpreneurs se siele te verhandel met bemagtigingsooreenkomste. Terwyl die regerende party die staat beset eerder as bestuur het, was wit Suid-Afrika gretig om ekonomiese vrede in liberale enklawes te vind. Moes die sogenaamde lefties hierdie orgie van opportunistiese belange tussen die eienaars van kapitaal en die nuwe slagordes van politieke mag voorsien het? Dalk, ja. Maar, nie omdat net die ANC ’n outoritêre en korrupte verlede gehad het nie.

Landbou het soos gewoonlik weer as wenner uitgetree en dit bloot omdat die regering nog nie sy hand in landbou kon kry nie. Daagliks sien ons hoe Landbou presteer en dit gebeur nou jaar op jaar. 

LEES MEER- WERKSGELEENTHEDE SAL DRAMATIES IN LANDBOU DAAL- Suid Afrika

TLU SA is dit eens dat die afgradering van die Landbank deur die kredietgradering agentskap Moody’s Investors Service bloot ‘n simptoom van die vele probleme in Suid-Afrika is… Dit is nou tyd vir Suid-Afrikaners om wakker te skrik oor die oorsaak van die land se ineenstorting op feitlik elke moontlike terrein,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. Keer op keer word staatsinstellings reddingsboeie aangebied (met fondse wat nie uit die staatskas beskikbaar is nie) en word daar geherkapitaliseer. Telkens slaag dit nie. Dit is dwaas om aan te hou om die simptome te probeer behandel terwyl die oorsaak nie opgelos word nie.  Agri SA dui ’n soortgelyke probleem aan: Die Nasionale Minimumloon-kommissie moet daarvan kennis neem dat werkloosheid die grootste drywer van armoede is. Loonverhogings moet dus op ’n volhoubare wyse geskied. Ekonomiese omstandighede moet in ag geneem word. Die huidige voorstel deur die meerderheid kommissarisse dat die nasionale minimumloon met 1,5% bó inflasie verhoog word, maak dus geen sin nie!

Verder sal die voorstel om die huidige minimumloon van plaaswerkers met 16,1% vanaf R18,68 tot R21,68 per uur te verhoog aanleiding gee tot selfs meer werksverliese in die landbousektor. Menige boere is ook ernstig geraak deur die inperking en ekonomiese afswaai. 

Kundiges glo nou dat bykans 50% van beroepe wat tans bestaan, teen 2025 geheel en al oorbodig sal wees namate kunsmatige intelligensie voortgaan om besighede te transformeer. ʼn Rewolusionêre skuif in die wyse waarop werksplekke bedryf word, word in die volgende 10 tot 15 jaar verwag, wat sommige mense se bestaansmiddele in gevaar kan stel.

"Die gradering van die land se kredietstatus deur Moody’s Investors Service, Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) en Fitch Ratings het reeds totaal irrelevant geraak omdat hulle klaarblyklik geen begrip daarvoor het dat die haglike toestand van die ekonomie en die staat se finansies die direkte gevolge van die vernietigende ideologie van die ANC-regering is wat nie sal verander nie solank as die African National Congress ( ANC) aan bewind is nie," sê Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom. 

LEES MEER- Robotte en Tegnologie gaan jou werk oorneem in die Toekoms.

Die volgende 15 jaar sal ʼn rewolusie sien in die manier hoe ons werk, en ʼn ooreenstemmende rewolusie sal noodwendig plaasvind in hoe ons oor werkplekke dink en dit beplan. 

Agri SA doen ‘n beroep op die minister om die huidige ekonomiese situasie in berekening te bring. Die fokus moet verskuif na werkskepping en stappe moet geneem word om verdere werksverliese in alle sektore te beperk. Die ekonomie swig onder die gewig van vele faktore soos Covid-19, soewereine kredietafgradering en swak groeivooruitsigte. Dit sal ’n gesamentlike poging deur almal verg om te herstel. Navorsing het getoon dat groot skokke in die beweging van statutêre loonvasstellings grootskaalse werksverliese tot gevolg het.

Saai in Suid Afrika is baie bekommerd oor die duisende hektaar wingerde wat in die gedrang is en dat tot 80 familieplase verlore kan gaan. “Van die oudste familieplase in ons land is in die Wes-Kaap geleë. As netwerkstruktuur vir familieboere is dit vir ons kritiek belangrik om hierdie boere op hul plase te hou. Hierdie plase is nie net wynplase nie – daar is in die meeste gevalle ook ’n restaurant en akkommodasie op die plaas wat geweldig baie werk skep – veral op die platteland, waar werk broodnodig is. Dit is voorts ook ’n toerisme-aantreklikheid wat eie aan die Boland en die Wes-Kaap is,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.

Dis lankal duidelik dat die regering en sy meelopers nie oor die vermoee beskik om Suid Afrika te bestuur nie. Ons het net te veel van die mense verwag. Die mense kan en weet nie hoe om welvaart te skep nie. 

Solank ideologie die oorhand oor kennis en gesonde verstand het sal ons aanhou om die wiel te ontwerp, of in Amerikaanse beeldspraak, eers die muur te bou en dan te ontwerp. In Suid-Afrika is die nuwe heining by Beitbrug eers opgerig. En teen die tyd wat die beplanning gedoen is, was die heining reeds weggedra. Die begroting van R85 miljoen is goedgekeur vir 'n 8 kilometer heining en net 2 byna kilometer is voltooi met die geld. 

In 2017 het landbou-misdaad SA altesaam R7 miljard gekos het. Dit sluit veediefstal, weidingdiefstal, gewasdiefstal, implement- en gereedskapdiefstal in. Dis nie duidelik of veldbrande ingesluit is nie. Dit moet verder onthou word dat weens verskeie redes msidaad nie by die SAPD aangemeld word nie, soos 77 % veediefstal wat  in een area nie gerapporteer is nie. Onlangs is berig oor boere in veral sekere streke wat kla omdat die polisie soms nie die gerapporteerde misdade registreer nie, of selfs weier om die klagtes te ontvang. Dit word nou met die minister opgeneem. Al te gereeld word gerapporteer dat lede van die polisie self by misdaad betrokke is.

Ons het van die beste landbouers in wereld. Uit niks kan hulle welvaart skep, bou en suksesvol anderkant uitkom.  Tenspyte van soveel terugslae staan ons landbouers nog steeds vas en het hulle deur die jare dit bewys. Saam met landbouorganisasies en maatskappye het hulle miljoene spandeer aan die opheffing van hulle eie werkerskorps, en daarmee saam duisende kleinboere en beginnerboere suksesvol gevestig. Dit sit nie in enige man, vrou, kinders en werknemers se broek om suksesvol te boer nie- dis harde werk  vertroue en deursettingvermoee- Ons sien daagliks hoe suksesvol ons mede swart boere reeds is in hulle boerdery.

As ons praat van boere dan praat ons van alle boere in Suid Afrika- klein of groot- swart of wit- ons het een gemeenskaplike belang en dit  is om kos te produseer en mense van werk te voorsien en in liefde en vrede saam te leef in respek vir mekaar. 

Suid-Afrika benodig strukturele hervorming wat baie vinniger ekonomiese groei sal verseker, ten einde die belastinginkomste wat vir maatskaplike en ontwikkelingsprogramme betaal, volhoubaar te laat groei. 

’n Moeilike en bepalende tyd staan vir die Suid-Afrikaanse politiek voor die deur – ’n tyd wat noodwendig fundamentele verandering sal meebring. Groeperinge waaronder die Mbeki-stigting en Afrikaanse groepe voer enersyds reeds agter die skerms gesprekke oor die politieke toekoms van Suid-Afrika. Andersyds is toenemende rassepolarisasie en -mobilisasie aan die orde van die dag en raak die samelewing ook ’n speelveld van oplaaiende konflik en geweld. Die weg wat gevolg moet word, moet toegespits wees op gesprekvoering en konflikoplossing, asook ’n objektiewe beskouing van al die antwoorde en oplossings wat voorgestel word en aan belangegroepe en politieke partye voorgelê word. Anders as in 1994 (en die destydse Nasionale Akkoord) sal ons nie alleen goeie grondwette en wetgewing as voorbeelde moet bestudeer nie, maar ook en veral toepassings moet oorweeg wat die beste belang van alle Suid-Afrikaners voorop moet stel.

Die jaar 2021 gaan waarskynlik nog moeiliker wees want die probleme moet opgelos word om Suid Afrika op 'n bestendige pad te plaas - dis hier waar ons slim, hardwerkende en eerlike mense nodig het.  Doeners en die praters nie.

Saamgestel deur Johann Pretorius CRA MEDIA


Newsletter Subscribe