Alles wat in die donker gebeur - kom altyd in die lig- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Dit het die edelagbare President en sy meelopers 'n hele paar dae geneem om agter te kom dat ekonomiese sabotasie besig is om te gebeur in Kwa Zula Natal- maar eintlik was dit dalk heel moontlik die begin van 'n staatsgreep wat binne die ANC en sy kaders beplan is. 

Dis onbegryplik om te dink dat soveel skade aangerig kan word voor die regering tot verhaal kon kom en tot nou toe nog nie enige noemenswaardige bewyse na vore gebring het oor wie verantwoordelik is vir hierdie absolute anargie nie. Daar is  baie bespiegelings en allerhande nuus verklarings van arrestasies ens, maar nog steeds weet ons nie presies wie die persone is nie. Ons weet ten minste dis faksies binne die ANC met 'n hele paar bekende kaders wat die argitekte van alles was. 

Dalk was Inkandla die hoofkantoor, waar al hierdie aksies beplan was. Ons weet maar baie min van wie almal daar besoek afgele het - behalwe vir die wat ons in die media van gehoor het.   Ons sal weldrae seker weet, as hulle mekaar nie weer gaan beskerm in die proses nie.  Dat die oorsaak van Covid 19 se inperkings hongersnood veroorsaak het, kan waar wees, maar as jy werklik honger is ,dan steel jy sekerlik eers kos en ander noodsaaklikhede en dan miskien 'n TV op die koop toe, maar jy plunder en brand nie alles af nie.  As jy dan 'n professionele dief is, sal jy dit sekerlik ook skelm doen-  nie so in die openbaar nie.

Dit was die opdrag wat van bo gekom het, om te verwoes en te saboteer. Saam met dit was daar opdragte om sekere mense van ras en kleur in hulle woonbuute aan te val, te vermoor en hulle huise af te brand- 

Interresant dat elkeen van die sogenaamde "hongermense" 'n selfoon het en lugtyd kan koop om in verbinding te wees met die hoofkantoor.   

President Ramaphosa het met sy besoek aan Kwa Zula Natal aan media gesê dat hy sal erken dat die regering vinniger moes optree, maar het gemeenskapslede bedank vir hulle hulp om oorblywende eiendom te beskerm en om dié wat geplunder is weer skoon te maak. Hy sê die ekonomie sal swaar kry weens die onluste en meen te opsigte van moontlike beleggings is die ekonomie ook beskadig. “Ons kon beter gedoen het, maar ons is oorweldig deur die situasie. Ons wou nie in ’n situasie beland wat in meer chaos kon ontaard nie.”

Dit is nie hongersnood nie- die is anargie- Dit is  eintlik Terrorisme - 

Ons kan dalk bietjie verder dink- en wonder of alles nie maar begin het by die Covid 19 inperkingsmaatreels nie- en dit maand vir maand verder gevat is om mense beter te beheer nie. Dis maar bloot spekulasie.  Inteendeel alles is nou so deurmekaar dat jy werklik nie weet wie is wie nie- behalwe dat almal nog steeds onder die ANC opereer en die binnegevegte eersdaags sekerlik ook in die lig gaan kom.  

Twaalf vermeende aanhitsers is glo aangekeer, maar inligting daaroor is nog skraps. Van hulle is blykbaar deel van die militere vleul van die ANC. Die onluste het ontstaan kort nadat oudpres. Jacob Zuma sy tronkstraf van vyftien maande vir minagting van die hof begin uitdien het. Daar is nog waarskynlik 'n paar leiers van bekende politieke partye wat al vir jare saam met Zuma loop en agteraf baie planne in plek het om Suid Afrika oor te neem. Ons sien daagliks in die media hoe van die leiers al vir jare maak asof hulle Zuma haat en hom in die tronk wil sien. Kyk net nie wie is Zuma se nuwe advokaat. 

Die voortslepende plundering en chaos in Suid-Afrika moet voor die deur van Bheki Cele, gelê word. So, sê die Staat Sekuriteits Agentskap (SSA) se minister Dlodlo in ‘n onderhoud met die EsYBeSee (SABC). Volgens Dlodlo het die SSA al die nodige informasie aan Bheki Cele gegee om die gewelddadige plundering in die kiem te smoor, maar hy en sy polisie-departement (SAPS) het NIKS gedoen nie. Ander bronne beweer dat die geweld en plundertogte aangehits was deur voormalige SSA agente wat lojaal is aan Jacob Zuma. In die VSA was daar ’n ondersoek ná die 9/11-aanvalle op die World Trade Center in New York en die Pentagon in Washington DC. Daar is bevind dat intelligensie-agentskappe soos die CIA en die FBI nie behoorlik met mekaar gekommunikeer het nie.

Intussen het die adjunk leier van die EFF gese dat die huidige onluste soos 'n piekniek gaan lyk in vergelyking met wat gaan kom as grondonteiening misluk. Ook hierdie aanval op grond en privaat eiendom sal op alle vlakke beveg word deur die inwoners en samelewing van Suid Afrika as aanvalle van die aard weer plaasvind. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbou-organisasie Saai, het in sy reaksie gesê die EFF se leierskap speel ’n veelseggende rol in die destabilisering van die land, die polarisering van die gemeenskap en die skep van ’n omgewing vir misdaad en wanorde.
Die ander opsie wat al vir lank duidelik is, en hier plaasvind is entropie---ineenstorting van ‘n samelewing. Dit gebeur wanneer jy nie die bronne van stabiliteit in die samelewing instand hou nie. Die regstelsel wat verval, die kerk as morele instelling wat nie meer sy werk doen nie, werklus wat verdwyn agv toelaes, dissipline in skool en huis wat gelos word-----dan een more gaan dit soos dit nou gaan, en beweeg alles na die hoogste vlak van wanorde, soos as jy 'n gaskoeldrank bottel skud en oopmaak. Zuma was net die verskoning, dit sou in elk geval een of ander tyd kom met die ANC aan bestuur van sake. Ons aanvaar gelate verbrokkelende infrastruktuur, kragonderbrekings, swak onderwys, ekonomiese wanbestuur en ‘n legio ander onvergeeflikes, maar ons het darem gedink day Rampahosa kan breedweg die staat veilig hou.Mense van alle rasse en affiliasies het die vloedgolf van anargie gestuit. 

Die lang week is verby en die skade wat aangerig is staan op amper 70 miljard rand en meer.

Maak nie saak hoe ons hierna kyk nie- die kaders het 'n punt gemaak en het ons seergemaak, baie meer as wat hulleself kon dink. " Whatsup" "Telegram" en "Signal" groepe het uitsekend gewerk- en almal het saamgewerk en soos skape is hulle agterna.  As die regering se intellegensie wakker was kon die  groepe al lankal gebreek gewees het met hulle Internasionale intellegensie kontakte. 

Dis presies hoe die rooi pette en ander hulle mense mobiliseer om op te tree.  Dis tegnologie wat ons almal daagliks gebruik wat ons seergemaak het.  Dit gebeur op die platteland waar ons boere beroof en aangeval word deur groepe wat op "Whatsup" "Telegram" "Siga; en ander platvorms met mekaar kommunikeer.  Alles is so maklik met tegnologie en dis tyd dat ons moet kyk hoe hierdie tegnologie wat vrylik gebruik word met een of ander toestel buite werking gestel kan word waar ons vermoed dat kriminele daarmee aanvalle beplan.

Dis net barbare wat 'n plek so kan besteel, verwoes en bevuil en afbrand. Geen opgevoede mens sal eers daaraan dink om soos hierdie barbare te kere te gaan nie. 

By al die verliese, angs en verbittering is daar tog iets wat duidelik na vore gekom het, en dit is dat hierdie barbare 'n baie klein groepie is, want die oorgrote meerderheid van Suid Afrikaners het opgestaan en saamgestaan teen hierdie terrorsime. En daar is nie veel simpatie met die barbare en hulle gedrag nie. 

Hierdie barbare wat gedryf was deur kaders wat magsbehep is ,se lewe gaan nie meer so aangenaam wees in die toekoms nie.  Suid Afrikaners het wakker geskrik en besef dat hulle na hulle self moet omsien, en dat die polisie en die regering nie meer daar is nie. Gelukkig het ons organisasies soos Saai, AgriSA, Afriforum en baie ander in die land wat reeds lankal 'n visie gehad het om hulle eie groepe te stig wat hulleself beskerm, teen hierdie vreemde elemente van die samelewing.

Saam met die het ons ook gesien dat sekere sekuriteitfirmas nie hulle werk behoorlik nagekom het nie- hulle word maand vir maand betaal om te sorg dat die perseel wat opgepas word veilig is. Waar sekuriteit ten volle in plek was met ondersteuning kon die barbare nie veel uitrig nie- in ander gevalle het die wagte die pad gevat. Maak seker dat jou sekuriteitsfirma doen waarvoor jy hulle betaal. Daar sal draties gekyk moet word na die opknapping van sekeuriteit by alle plekke in die land.  

     Grondgrype – ’n eeueou spel in Suid-Afrika

Dieselfde geld vir die sogenaamde Tolpaaie wat biljoene rande per maand maak uit motoriste en vragmotors en glad nie daartoe instaat is om jou veiligheid op die tolpaaie te waarborg nie. Miljoene rande se vragmotors is op die paaie aan die brand gesteek en daar is feiltlik geen hulp nie- behalwe heinings wat die barbare maklik oorklim. Dis tyd dat hierdie biljoene wat in die regering en direkteure se koffers beland, aangewend word om gebruikers te beskerm.

Suid Afrika se mense het weereens bewys dat ons kan saamstaan en nou moet ons dit doen. Jy sal jou buurman moet leer ken en jy sal moet deel word van 'n sekuriteitgroep so vinnig jy kan. Duisende mense het saamgekom en groot dele van Durban is reeds skoongemaak en opgeruim. Baie winkelsentrums word ook skoongemaak en opgeruim en soos ons werklike Suid Afrikaners ken- word daar nou dag en nag gewerk deur privaat maatskappye om die sentrums te herstel. Strande in die Umhlanga-gebied, noord van Durban, is besoedel deur giftige chemiese stowwe na die plundering in Kwazulu-Natal. ‘n Fabriek in die gebied wat plaag- en onkruiddoders vervaardig, is geplunder en aan die brand gesteek. Van die chemikalieë het in die Umhlangarivier beland wat noord van die dorp in die see uitloop. 

Dele van Johannesburg is ook reeds skoon en daar word gewerk om alles weer in werking te stel.  Vliegtuie met voorraad vlieg sedert Donderdag al tussen Durban en Johannesburg om voorrade aan te vul. 'n Indier gemeenskap van Johannesburg het 40, 000 brode met hulle eie vervoer geneem na Durban. AgriSA en Saai het reeds 'n hulpfonds gestig . Dit is Suid Afrika- die kwaliteit van mense wat leef en laat leef. Die N3 Tolpad Dié wat daagliks deur sowat 6 000 vragmotors gebruik word, was etlike dae lank gesluit en is laat Vrydagoggend eers weer vir verkeer oopgestel. Goedere van tussen R120 miljoen en R150 miljoen word daagliks op dié roete vervoer en as die pad gesluit is, kan geen vrag die onderskeie bestemmings bereik nie.

Dat die wêreld met ander oë na ons gaan kyk- is beslis- dit is nie meer 'n veilige plek nie- en dit gaan jare vat om hierdie persepsie te vernietig. Geen mens gaan geld belê in 'n land waar barbare toegelaat word om te doen wat hulle doen nie- en 'n regering wat nie daadwerklik optree en 'n voorbeeld stel nie. Die skade is egter nog nie gedaan nie. Mike Schüssler, ʼn ekonoom , sê die afgelope week se plundery gaan in die toekoms ʼn enorme probleem vir die ekonomie skep. Die skade wat aangerig is, gaan ook nie oornag ongedaan gemaak word nie. Niks in Suid Afrika is  tans gewaarborg nie . Mike Brown, uitvoerende hoof van Nedbank, stem saam dat die uitwerking van die onluste op Suid-Afrika se vermoë om beleggings te lok, ʼn groot bron van kommer is. Ons moet eenheid skep- en saam bou. 

In die weke wat kom gaan daar nog baie dinge uitkom- ons sal al nader aan die waarheid beweeg en dit gaan nie lank wees voor alles in die lig gaan kom nie- en moenie verbaas wees nie.

Daar sal vinnig en drasties gekyk moet word na alternatiewe strawwe om hierdie terrorisme, moorde en aanvalle hok te slaan. Ons tronke is vol en dis dalk tyd om weer te kyk na ander meer effektiewe strawwe wat onmiddelik gaan werk as dit reg toegepas word en weer in werking gestel word. 

Ons kan nie toelaat dat 'n klein groepie ongelukkige kaders en sekere politieke partye met hulle magsbehepteid en barbaarse optredes die oorgrote vredeliewende Suid Afrikaners beheer nie. Ons is nie skape wat in 'n trop opereer en ander volg nie.  Ons werk saam aan 'n gemeenskaplike doel. Elkeen bring sy kant en stap sy eie voetspore. 

Ons moet welvaart skep in Suid Afrika.

Suid Afrika se landbou en ander besighede is professionele welvaartskeppers en hulle dra die land. Met hierdie gebeurtenis gaan Suid Afrika se regering byna 19 miljoen en meer afhanklikes he, wat maandeliks geld van die staat moet kry. Ons sit met 'n groot staatdiens wat baie geld uit die staatskas neem en baie min van die mense is regtig produktief en werklik instaat om hulle werk suksesvol te verrig. Plaaslike munisipaliteite in ANC beheer kom nie die mas op nie.  Ons dorpe en stede is drasties verval in die afgelope 10 jaar en meer. Waar jy in die staatsdiens kom, sien jy dit dadelik.  Tyd, dringendheid, dissipline, orde, netheid en verantwoordelikheid bestaan feitlik glad nie. 

Die binnegevegte is nog lank nie verby nie- daar gaan nog baie ander dinge gebeur en ons moet bedag wees hierop. Dat die regering sy plig versuim het om vinnig en akkuraat op te tree is 'n feit. Daar is reeds klagtes ingedien. Daar word gese dat Rampahosa 'n luislang tegniek volg met sy vyande. Die land is dus grootliks van Ramaphosa self afhanklik vir ’n nuwe rigting. Hy het veel verrig sedert hy president geword het met die skoonmaak van die vervolgingsgesag, die inkomstediens en staatsondernemings, maar sy strategie was deurgaans om konfrontasie te vermy en suutjies-suutjies te beweeg. Dit neem ongelukkig te lank in sekere gevalle.  Korrupsie is nog steeds daar en daar is nog steeds mense daarbuite wat heerlik hulle lewe geniet en nog nie aangekeer is oor die miljoene wat gesteel is nie. Daar is ook hopeloos te veel sekeruriteit betrokke by regerings ministers en hulle meelopers. 

Dis tyd vir opbou en regmaak en ons harte gaan uit an hierdie mense wat alles verloor het en van voor af moet begin. Maar ons weet dat ons sterker hieruit gaan kom en meer bedagsaam en wakker gaan wees. Kom ons help mekaar en staan bymekaar as een Suid Afrika.

Suid Afrika is 'n baie mooi land, met soveel mooi mense en soveel geleenthede- saam kan Suid Afrikaners hierdie  vreemde elemente uit ons samelewing hou solank hierdie mense hulle soos barbare gedra- Daar is baie werk en baie spanwerk om te doen.   

Ons met vergeet dat alle politieke leiers oplossing kan bring- inteendeel hulle is dalk die oorsaak van die probleem.  

Ons het weereens gesien hoe georganiseerd Landbou in Suid Afrika is- Die Agri Besigheidskamer saam met ander organisasies het dadelik opgetree en planne in plek gekry om mense te help en te voorsien van kos en ander behoeftes.

Ons landbouers  is daagliks die prooi van hierdie terrorisme en aanvalle- en hulle staan sterk en sorg nog steeds dat daar elke dag kos op almal wat werk en saamwerk se tafel is. 

Suid Afrika sal weer opstaan en weer bou- en hieruit leer- maar daar gaan baie meer hieruit kom as wat ons dink.  Ons moet uitreik na mekaar en besluit waarheen ons oppad is- en wat ons vir ons nageslag wil nalaat. 

Ons moet nog steeds paraat en ingelig bly-  ons het hier te doen met lafaards wat weer op 'n ander manier 'n aanslag kan loods. Wees verseker Suid Afrika en sy hardwerkende mense het genoeg gehad van die wetteloosheid en arangie.

En met al hierdie geweld en anargie het die media en die regering blykbaar so bietjie vergeet van Covid 19 inperkings- en terwyl sekere dele van die land brand en vernietig is, speel die Springbokke toets rugby onder 'n Covid 19- Inperking 4 , drankverbod-  asof alles normaal is -

Dit is Suid Afrika-

Om af te sluit-  ONTHOU- Alles wat in die donker gebeur - kom altyd in die lig- dis deur die jare bewys.

Johann Pretorius CRA Media Suid Afrika 

Dit is Suid Afrika -