Grondbone- dalk 'n alternatiewe gewas vir 2018 - Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Nuwe seisoen is voor die deur vir Suid Afrikaanse landbouers in die somer reenval gebiede. 

Dis amptelik planttyd in sekere dele van die somerreenvalstreek van Suid Afrika- Suid Afrika se met 'n groot hoeveel mielies wat nog uitgevoer moet word en lande soos die VSa het 'n bielie van mielieoes- Dit plaas afwaartse druk op die mielieprys en veroorsaak die sommetjies nie klop nie.

Baie lande in Afrika wat mielies van Suid Afrika invoer, trek hulle neuse op vir die GMO mielies- China en ander oosterse lande kan dalk van ons mielies begin invoer. Die prys van ru olie word nie goedkoper nie en dit beteken dat die dieselprys weer gaan styg in November 2018. Tesame met dit word insetkoste by die dag duurder, maar gelukkig is die rand meer stabiel.

Wit mielies word hoofsaaklik in Afrika - wat deur riskante markte gekenmerk word - verbruik. Dít op sig self is al 'n risiko, veral wanneer 'n oorskot die pryse weer kan laat tuimel. Suid-Afrikaanse boere het vyf keuses vir somergewasse: Mielies, sonneblomme, sojabone
grondbone,droëbone in sekere gebiede en dan waarskynlik Katoen. Sorghum is al genoem.

ʼn Groot aantal produsente beweeg weg van of oorweeg nie die verbouing van grondbone nie. Daar is verskeie redes wat aangevoer word waarom produsente die verbouing van grondbone staak of ter syde stel.

Dit bly egter belangrik om ondersoek in te stel waarom produsente die produksie van grondbone laat vaar, sodat bestaande en nuwe toetreders hierdie aspekte kan ontleed en oplossings vir die probleme kan vind.

Grondbone word sterk aanbeveel in 'n mielie-wisselbouprogram. Grondbone is 'n moeilike gewas om te verbou, maar selfs in die moeilikste toestande was daar rekord-oeste met topgraderings  afgehaal 


'n Goeie wisselboustelsel; deeglike saadbeddingvoorbereiding; bemesting wanneer dit nodig is; goeie, suiwer saad; die regte plantprosedure, plantspasiëring en plantdiepte; gewasversorging, met deeglike aalwurm- en blaarvlekbestryding; die regte besproeiing waar dit van toepassing is; die regte oesdatum en korrekte oespraktyke. Enige monokultuurstelsel is moeilikheid soek. Onder besproeiing verbou sommige boere
jaar ná jaar koring in die winter en grondbone in die somer op dieselfde land. Dít is monokultuur, en baie produsente het reeds die nadele daarvan beleef. Op die Vaalhartsbesproeiingskema behoort die opbrengste nie onder 4 t/ha te wees nie. Op droëland ongeveer 3 t/ha in die Wesselsbron, Hoopstad distrike. 


Hierdie goeie opbrengste is beslis nie behaal deur grondbone ná grondbone te plant nie.  Lusern, koring, mielies, braak en grondbone.
Gars is 'n beter gewas as koring om voor grondbone te verbou, maar die beste is om mielies in te sluit en grondbone ná hawer (wat op mielies volg) te plant. As 'n wintergewas verbou moet word, kan gars en koring ook afgewissel word. Ekonomiese druk laat nie altyd 'n hawer-groenbemesting toe nie, maar grondbone se beter prestasie vergoed daarvoor.


Grondbone word geplant op lande wat diep omgeploeg is. Alle plantreste en die boonste grondlaag moet so diep moontlik ingeploeg word. 'n Ploeg wat die sooi omkeer, moet gebruik word, eerder as een wat die sooi net skuins omvou. Tand- of stoppelbewerking is nie geskik vir grondboonproduksie nie.

Aangesien grondbone op sanderige grond verbou word, is wind-erosie 'n probleem, en bewerkingspraktyke moet soms van die ideale
stelsels afwyk om dít in ag te neem. Ploeg eers en kompakteer dan die grond met 'n eg of tandroller. Ploeg dus so 50 mm dieper as gewoonlik en bring 'n deel van die gekompakteerde laag na die oppervlakte om harder kluite te vorm om winderosie te help beperk. 'n Ferm saadbedding is wenslik, maar dit kan net verkry word deur 'n eg of tandwerktuig te gebruik op lande wat nie waaiprobleme het nie.

Grondbone het genoeg voedingstowwe nodig om 'n goeie oes te lewer. Eerstens moet die pH of grondsuurheid reg wees, met 'n lesing van ongeveer 6 (water). Normaalweg is die pH te laag; dan moet die boer vooraf kalk toedien en inwerk. As die grondbone in grond
met 'n hoë pH geplant of die gewas met besproeiingswater met 'n hoë pH besproei word, is bemestingstowwe wat swawel bevat (superfosfaat, ammoniumsulfaat en gips) 'n beter keuse. Fosfor, kalsium en kalium is baie belangrik, met stikstof in die vierde plek.


'n Basiese aanduiding van die hoeveelheid voedingstowwe vir 'n goeie opbrengs is: 'n Fosforinhoud van meer as 20 (in Bray2-grond),'n kalsiuminhoud van ongeveer 400 dele per miljoen, met kalium altyd sowat 25 % daarvan, naamlik 100 dele per miljoen. Stikstof
kan deur die plant self geproduseer word met behulp van die stikstofbindende knoppies op die wortels mits dit goed ontwikkel is.


Waar daar heelwat plantreste is of wanneer hawer, koring, gars of mielies onder besproeiing verbou is, kan die boer voorsiening maak vir 'n stikstof-negatiewe periode en kan hy 40 kg - 60 kg stikstof/ha (op sandgronde) saam met hierdie oesreste of met die ploegaksie voor planttyd inwerk. Die oormatige bemesting van die afgelope jaar of twee op Vaalharts het weer bewys dat boere op dieterrein versigtig moet wees.
Dit word deurgaans aanbeveel dat gips teen ongeveer 300 kg/ha op die ry (droëlande) en 600 kg/ha tot 800 kg/ha (besproeiing) net ná planttyd uitgestrooi word.


Spoorelemente soos magnesium, sink en yster kan met blaarontledings bepaal word wanneer die blare vergeel. Boortekorte kan in uitgeloogde sandgronde met 'n lae pH, soos  in die provinsie Limpopo en in die noorde van KwaZulu-Natal, verwag word. Dit is egter eers met pitvorming sigbaar en kan met 'n boortoediening met planttyd en ses weke later reggestel word. 


Die regte kultivar by grondbone gaan afhang van siekteprobleme, hoofsaaklik swart peulvrot. Onder besproeiing is grondbone as keusegewas problematies as swart peulvrot al voorgekom het, omdat diesiekte lank in die grond bly. 


Aalwurm is deesdae seker die grootste probleem en behoort goed beheer te word. As die gondboonsaad nie 'n normale pienk kleur het nie, maar vaal-geelbruin vertoon, kom die saad van besmette lande en behoort dit nie geplant te word nie. Boere moet ook bedag
wees op agente wat laer dosisse plaagdoder aanbeveel. Bolwurm word glad nie gespuit nie; dit vrek van 'n virus wat die land bykans immuun teen volgende besmettings maak. 

Skaalvoordele is ook belangrik by grondboonverbouing. Daar moet genoeg oppervlakte geplant word om die ekstra masjinerie en toerusting te koop en te kan terugbetaal. Hierdie toerusting moet verseker dat die nodige gehalte grondbone gelewer kan word. As hierdie kapitale uitleg aangegaan is, kan jy as produsent nie omdraai nie. Indien jou besigheid te klein is om die masjiene te kan regverdig, dink daaraan om ‘n maatskappy te begin waar meer as een produsent die masjien saam koop en saam gebruik.

Maak seker dat jy die regte kopers vir jou produk kry voor jy besluit om dit te plant en maak seker hulle het die nodige fondse. Praat gerus eers met ander produsente. 

Die koper daarenteen wil nie net die geld gee en nie die produk sien nie. Vertroue tussen jou en die koper is en bly van kardinale belang. Analiseer die kontrakte deeglik – veral oor wat gebeur as die kontrakte nie gelewer kan word nie en verseker dat jou regte in die kontrakte beskerm word.

Daar is baie inligting beksikbaar oor die plant van grondbone, maar dit is ook belangrik om te weet hoe die gewas geoes en bemark moet word. 

Intensiewe handearbeid soos in die verlede is minder Oesmasjinerie is duur en as jy die kapitale uitleg maak moet jy aanhou om die gewas te plant. 

Dis een van die lekkerste gewasse om te plant en te sien groot word veral as jy hulle uit die wind kon kry. Dis harde werk en die gewas het jou volle aandag nodig.  ANN

Inligting gekry van  Dr. Johan Swanevelder asook Graan SA-