Suid Afrika en Sorghum

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Graansorghum is een van die belangrikste graanprodukte in Suid-Afrika, saam met mielies, koring, sonneblomme en sojabone. Dit is in Amerika op twee na die derde graanproduk en internasionaal is dit op vier na die belangrikste. Met 'n baie onsekere jaar wat voorle- hoekom nie Sorghum nie. 

Die produksie van sorghum is weens verskeie faktore besig om in Suid-Afrika te daal. Hierdie faktore sluit in ‘n afname in aanplantings, die invloed van plae (kwelea en duiwe), ‘n onvoldoende aantal kopers en ‘n gebrek aan mededingendheid. Sorghum het ook in terme van opbrengs teenoor GMO-gewasse soos GMO-mielies en -sojabone, agterweë gebly. Sorghum en sorghumprodukte kan ook nie weens die BTW wat daarop gehef word, met produkte waarop daar geen BTW gehef word in die waardeketting kompeteer nie.

Die toekomstige uitbreiding van die sorghummark is afhanklik van voldoende kultivars en dit lyk of van die saadmaatskappye heelwat navorsing gedoen het op nuwe cultivars. Indien die beskikbare kultivars nie die toekomstige behoeftes van die meel- en maalmark aanspreek nie, moet dit aandag geniet. Daar behoort sekerheid te wees oor die vereistes wat toekomstige markbehoeftes aan nuwe kultivarontwikkeling en die saadbedryf stel. Tans word die huidige kultivarvereistes deur moutvereistes bepaal terwyl die behoefte na hoër opbrengs kultivars wat vir die maalbedryf geskik is, egter aan die toeneem is.

Sorghumproduksie (ton/ha) kan nie met GMO-gewasse soos GMO-mielies tred hou nie. Verder word die bestaande kultivars aan die vereistes wat die moutmark stel, onderwerp, terwyl die langtermynmoutverbruik teenoor meelverbruik aan die afneem is. Die mark se toekomstige behoefte aan kultivars moet dus aangespreek word, maar die saadbedryf moet sekerheid hê dat die meelmark die nuwe kultivars sal opneem. Graansorghum word vir menslike en dierlike verbruik benut.

In Afrika word dit meestal vir menslike gebruik benut, maar in Amerika hoofsaaklik as dierevoedsel. Vir menslike verbruik word dit as heel pitte gekook, tot ’n gruis gestamp of tot ’n meel gemaal waarvan pap, brood en koekies gemaak word. Nog ’n belangrike produk is bier wat daarvan gebrou word.

As dierevoeding word dit dikwels saam met ander produkte, soos mielies, gemeng. Die Vrystaat het die afgelope tien jaar byna die helfte van die sorghumoes opgelewer, naamlik 47%. Mpumalanga het byna ’n kwart van die oes geproduseer, naamlik 23%. Die afgelope tien jaar is ongeveer 77% van Suid Afrika se sorghumproduksie vir menslike verbruik benut. Slegs sowat 5% is vir dierlike verbruik benut en sowat 18% is uitgevoer.

Dit lyk nie op die stadium of daar 'n baie groot mark vir Sorghum is nie alhoewel sekere Saadmaatskappye die jaar hulle bemarking wil toespits op Sorghum.

Dit lyk of die VSA 'n bielie van mielieoes gaan produseer as toestande gunstig bly en daar is baie voorraad van Soja en Koring in die wereld.doen maar jou navorsing oor Sorghum en as dit goed lyk is dit dalk 'n ander keuse. Johanel ANN 


Newsletter Subscribe