EKONOMIESE VOORUITSIGTE VIR SUID-AFRIKA

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

“Die tweede maandelikse publikasie vir Desember 2019 oor die ‘Ekonomiese Vooruitsigte vir Suid-Afrika’ is vandag vrygestel wat inligting oor die onlangse ontwikkeling en vooruitsigte vir die ekonomie bevat wat noodsaaklik is om te verstaan hoe ekonomiese groei gedryf en geskep word,” sê Fanie Brink, ’n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy sê die ekonomiese vooruitsigte vir die land is in ‘n baie benarde posisie en die kanse dat die ekonomie sal verbeter is baie skraal. Daarom is dit uiters belangrik vir die sakesektor, regering en die breë gemeenskap om ernstig kennis te neem en aandag te gee aan die kernfeite en realiteite wat die huidige en verwagte ekonomiese omstandighede en groeivooruitsigte bepaal.

‘n Subskripsie vir die maandelikse opgedateerde "Ekonomiese Vooruitsigte vir Suid-Afrika" kan op die webblad www.brinks.co.za gedoen word.

“Deur die inligting, verduideliking en interpretasie op ‘n deurlopende basis te volg kan ‘n baie goeie begrip vir die ekonomiese feite en realiteite verkry word om die beste besigheidsbesluite te kan neem,” sê Brink.

Druk op die Skakel bo om die verslag af te laai. 


Newsletter Subscribe