Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom
"Die ANC-regering se sosialistiese ideologie sal die ekonomie en die land binne die volgende 3 tot 4 jaar vernietig en die finale aftelling het reeds begin,” sê Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom.
Hierdie ideologie was die afgelope 26 jaar verantwoordelik vir feitlik geen ekonomiese groei en die steeds onbeperkte styging in die gaping tussen die inkomste en die wanbesteding van belastingbetalers se geld wat direk verantwoordelik was vir die stygende begrotingstekorte, staatskuld, groter armoede, hongersnood, werkloosheid en ongelykheid.
Die ANC-regering het die kapitalistiese ekonomiese stelsel wat voor 1994 groot ekonomiese welvaart en ontwikkeling vir die land geskep het na 1994 summier verwerp en sy sosialistiese ideologie wat deur die leerstellinge van kommunisme op die ekonomie en die land afgedwing met verwoestende gevolge.
Sosialisme het wêreldwyd in die verlede bewys dat dit geen ekonomiese groei kan skep nie en is deur feitlik al die lande verwerp wat kapitalisme aanvaar het as die enigste stelsel wat ekonomiese groei en welvaart kan skep. Selfs China wat jare gelede ook hierdie pad begin loop het, het daarna met gemiddeld 10% per jaar gegroei en moes selfs sy ekonomie afkoel deur alle nuwe infrastruktuurontwikkeling op te hef. China het tydens die daaropvolgende lae ekonomiese groeisiklusse in die wêreld steeds met 6% gegroei en die algemene verwagting is die land vanjaar met tussen 8% en 9% sal groei en binne die volgende paar jaar die grootste ekonomiese mag in die wêreld sal word.
“Die geskiedenis het bewys dat die ekonomieë van baie lande in die verlede deur die politieke stelsels van ekonomiese ongeletterde en onbevoedgde politieke leiers en politici verwoes is wat vir dekades lank ook die probleem in Suid-Afrika is wat steeds voortgesit word.”
Die ANC het na 1994 besluit om die ekonomie te transformeer baseer op 'n beleid van 'n Nasionale Demokratiese Revolusie wat uit die Vryheidsmanifes van die organisasie voortgespruit het wat gewissel het rondom twee uiteenlopende sienings dat die “Radikale Ekonomiese Transformasie'” bewerkstellig kan word deur maatreëls soos nasionalisering, waar politieke beheer in ekonomiese mag oorgedra sou word, of via 'n meer liberale weg wat die bevordering van makro-ekonomiese ontwikkeling en die groei van maatskappyverdienste sou behels het.
Die ANC-regering het egter die grootste beleidsfout in sy hele bestaan begaan toe hy die keuse gemaak ten gunste van “radikale ekonomiese transformasie'” as die basis van sy toekomstige beleid en die enigste ander keuse wat ekonomiese groei sou kon skep totaal verwerp het. Die regte keuse sou 'n dramatiese ekonomiese verskil aan die ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika gemaak het in plaas van die keuse wat gelei het tot die onomkeerbare vernietiging van die ekonomie wat die land vandag ervaar.
“Die kapitalistiese ekonomiese stelsel was nie die oorsaak vir die ernstige sosio-ekonomiese agteruitgang voor 1994 wat die ekonomie en die land op sy knieë gedwing het nie, maar die beleid van afsonderlike ontwikkeling van die vorige politieke bedeling. Kapitalisme is vandag nogsteeds die enigste ekonomiese stelsel wat ekonomiese groei kan skep aangesien dit op die internasionaal aanvaarde en mees basiese ekonomiese beginsels. gebaseer is.
Die ANC-regering het dit nooit verstaan en aanvaar dat ekonomiese groei slegs deur die produsente, vervaardigers en privaat diensverkaffers in die verskillende bedrywe aan die aanbodkant en privaat verbruiksbesteding, kapitaalvorming en netto uitvoere aan die vraagkant van die ekonomie geskep word, soos elke kwartraal deur Statistiek SA bewys word, wat deur die winsmotief gedryf word en die grootste enkele rede vir die ondergang van die ekonomie vandag is nie.
Die ANC-regering sal daarom die ekonomie sover as moontlik moet dereguleer en sy inmenging in die ekonomie moet beperk tot die daarstelling van ‘n politieke en ekonomiese omgewing wat bevorderlik vir die skepping van ekonomiese groei deur die privaatsektor sal wees wat die enigste oplossing vir die ernstige ekonomiese en sosiale probleme van die land sal wees,” sê Brink.
FANIE BRINK -
I am an agricultural economist with a master’s degree in agricultural economics and with more than 40 years experience in the agricultural industry in South Africa. I have advanced knowledge, excellent practical experience and insight into the international and national macro/micro-economic and agricultural economic developments which have a determined impact on the driving forces behind the profitability and sustainability of agricultural production and marketing, food security, value chains and bio-fuels development.