Kommentaar oor die grondslag waarop grond onteien gaan word wat vanoggend bekend gemaak is:
- Nuus/Artikels - Afrikaans
- Hits: 2105
“Die nuwe wetsontwerp oor onteiening wat oor die volgende twee maande in die parlement ter tafel gelê gaan word, mag dalk ’n duideliker prosedure vir grondonteiening sonder vergoeding daarstel, maar dit bly ‘n suiwer onaanvaarbare politieke doelwit wat steeds ‘n groot bedreiging vir voedselsekerheid en die landbou se bydrae tot ekonomiese groei inhou,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.


